Gaan na inhoud

Sterol

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Algemene struktuur van sterole.

'n Sterol is 'n organiese verbinding met chemiese formule C17H28O, waarvan die molekule 'n gonaanmolekule is, waar een waterstofatoom by posisie 3 in 'n sikloheksaanring vervang is met 'n hidroksielgroep. Dit is dus effektief 'n alkohol van gonaan. In die algemeen word enige verbindings wat die gonaan-struktuur bevat, met een of meer waterstowwe vervang met funksionele groepe, of met modifikasies aan die ringstrukture, 'n steroied genoem. Sterole is dus 'n ondergroep van steroiede. Sterole kom natuurlik voor in die meeste eukareote, insluitend plante, diere, en swamme, alhoewel skere bakteriee dit ook produseer. Die bekendste sterol is cholesterol, wat deurslaggewend is vir selmembraanvorming in diere en wat ook as voorloper dien vir vetoplosbare vitamiene en steroiedhormone.

Alhoewel sterol tegnies 'n alkohol is, verkies biochemici om dit eerder as 'n lipied (dit wil se, 'n vet) te klassifiseer.

Tipes

[wysig | wysig bron]

Plant-sterole word fitosterole genoem en diere-sterole word zoosterole genoem. DIe belangrikste zoosterol is cholesterol. Belangrike phytosterole sluit kampesterol, sitosterol, en stigmasterol in, terwyl swamme ergosterol in hulle selmembrane bevat wat dieselfde rol in die selmembrane van swamme speel as cholesterol by dierselle.

Biochemiese rol

[wysig | wysig bron]

Sterole en verwante verbindings speel 'n essensiele rol in die fisiologie van eukareotiese organismes. Cholesterol vorm, byvoorbeeld, deel van die selstruktuur van die selmembraan by diere, waar dit die deurvloeibaarheid van die selmembraan bevorder en waar dit dien as sekondere boodskapper in sel-tot-sel kommunikasie. By die mens sowel as by ander diere dien kortikosteroiede soos kortisol as boodskapperverbindings in selkommunikasie en in algemene metabolisme. Sterole kom algemeen voor in menslike velolies.[1]

Fitosterole as 'n voedselaanvulling

[wysig | wysig bron]

Dit is aangetoon dat fitosterole cholesterol-absorpsie in die menslike spysverteringstelsel kan blokkeer, en dus kan help om cholesterolopname by die mens te verminder.[2] Die Amerikaanse FDA het reeds die gebruik van fitosterole as 'n voedselaanvulling goedgekeur, alhoewel daar tog kommer is dat dit nie slegs die opname van cholesterol nie, maar ook van ander belangrike voedingstowwe, kan blokkeer. Tans het die Amerikaanse Hartvereniging aanbeveel dat aanvullende plantsterole slegs deur pasiente gediagnosser met verhoogde cholesterol, plansterole vir hierdie doel mag gebruik en dit nie aanbeveel dat swanger vroue en vroue wat borsvoed dit moet neem nie.[3] Voorlopige navorsing het ook aangetoon dat fitosterole moontlik as 'n teen-kanker middel kan dien. [4]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Lampe MA, Burlingame AL, Whitney J, Williams ML, Brown BE, Roitman E, Elias PM (Februarie 1983). "Human stratum corneum lipids: characterization and regional variations". Journal of Lipid Research. 24 (2): 120–30. doi:10.1016/S0022-2275(20)38005-6. PMID 6833889.
  2. Ostlund RE, Racette SB, Stenson WF (Junie 2003). "Inhibition of cholesterol absorption by phytosterol-replete wheat germ compared with phytosterol-depleted wheat germ". The American Journal of Clinical Nutrition. 77 (6): 1385–9. doi:10.1093/ajcn/77.6.1385. PMID 12791614.
  3. "Do we need to be buying plant sterols?" (PDF). Food Magazine. 67: 14. Desember 2004. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 15 September 2007. Besoek op 8 Augustus 2008.
  4. Bradford PG, Awad AB (Februarie 2007). "Phytosterols as anticancer compounds". Molecular Nutrition & Food Research. 51 (2): 161–70. doi:10.1002/mnfr.200600164. PMID 17266177.