Slankrooivlerkie
Slankrooivlerkie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. tenuis
|
Binomiale naam | |
Pseudobarbus tenuis |
Die Slankrooivlerkie (Pseudobarbus tenuis) is 'n varswatervis wat endemies is aan die bergsytakke van die Gourits- en Keurboomsrivier in die Wes-Kaap. In Engels staan die vis bekend as die Slender redfin.
Voorkoms
[wysig | wysig bron]Die vis het 'n slanke lyf met die kop wat langer is as wat dit breed is en daar is een paar baarde om die mond. Die mannetjies het tuberkels op die kop. Die vis is olyfbruin en is silwer aan die onderkant en laer gedeelte van die sye. Daar is 'n donker steep in die middel van die sye. Die vis word tot 80 mm lank.
Habitat
[wysig | wysig bron]Die vis leef in poele in helder, vloeiende bergstrome. Hulle vreet alge, detritus, ongewerweldes en ander organismes wat op die bodem leef. Hulle broei in die somer.
Bewaringstatus
[wysig | wysig bron]Die vis is bedreig. Visbevolkings word bedreig deur wateronttrekking en deur uitheemse spesies soos baars en forel.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bron
[wysig | wysig bron]- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1