Gaan na inhoud

Rooibek-kabeljou

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Rooibek-kabeljou
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Spesie:
A.  rogaa
Binomiale naam
Aethaloperca rogaa
(Forsskål, 1775)

Die rooibekkabeljou (Aethaloperca rogaa) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese oseaan, die Persiese Golf en aan die ooskus van Afrika vanaf die Rooisee tot by KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Redmouth rockcod. Die vis is seldsaam in Suid-Afrikaanse waters.

Identifikasie

[wysig | wysig bron]

Die vis word tot 60 cm lank en het 'n diep lyf. Dit is oor die hele lyf donkerbruin tot swart en daar is dikwels 'n wit streep op die pens. Die binnekant van die mond is rooi, vandaar die naam.

Hulle leef in koraalriwwe in water wat 10 tot 50 m diep is. Hulle word dikwels in die nabyheid van onderwatergrotte gewaar. Die visse is alleenlopers of kan in pare saamleef. Hulle vreet hoofsaaklik skaaldiere en klein vissies wat in skole leef naby grotte.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Bronne

[wysig | wysig bron]
  • Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Verwysings

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel

[wysig | wysig bron]