Gaan na inhoud

Halfsirkel-engelvis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Halfsirkel-engelvis
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
P. semicirculatus
Binomiale naam
Pomacanthus semicirculatus
(Cuvier, 1831)

Die Halfsirkel-engelvis (Pomacanthus semicirculatus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by Margate. In Engels staan die vis bekend as die Semicircle angelfish.

Voorkoms

[wysig | wysig bron]

Die vis se dorsale en anale vinne het punte aan die einde. Die vis is gryserig geel met verskeie blou kolletjies op die lyf. Al die vinne het blou rante om. Die onvolwasse vissies is donker van kleur met wissellende blou en wit halfsirkel lyne oor die lyf. Die vis word net 40 cm groot.

Habitat

[wysig | wysig bron]

Die vis kom voor by skeepswrakke of koraalriwwe naby grotte in water wat 1 - 40m diep is. Die vis kan in akwariums oorleef.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel

[wysig | wysig bron]