Akkadies
Akkadies | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Mesopotamië, Sirië | |
Gebied: | Midde-Ooste | |
Totale sprekers: | uitgesterf | |
Taalfamilie: | Afro-Asiaties Semities Oos-Semities Akkadies | |
Skrifstelsel: | Wigskrif | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | akk
| |
ISO 639-3: | akk
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Akkadies (lišānum akkadītum, ak.kADû, soms ook Babilonies) is ‘n uitgestorwe Semitiese taal (deel van die groter Afro-Asiatiese taalfamilie) wat in antieke Mesopotamië gepraat is. Dit is die oudste geïdentifiseerde Semitiese taal, en het die wigskrif skryfstelsel gebruik wat oorspronklik in die Soemeriese taal gebruik is. In die tweede millennium is twee dialekte gepraat, wat as Assiries en Babilonies bekend staan.
Akkadies het al eeue lank as lingua franca in Mesopotamië gedien. Nogtans het die taal in die 8ste eeu v.C. begin daal en is geleidelik deur Aramees vervang. Die laaste Akkadiese geskrifte dateer van die eerste eeu n.C. Veel Akkadiese woorde oorleef in moderne Aramese dialekte wat deur Assiriërs in Irak gepraat word en Akkadies is ook die taal waarin die Gilgamesh-epos geskryf is.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Introduction to Cuneiform Script and the Akkadian language
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Akkadies.
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Akkadies.