Motacillidae: Verskil tussen weergawes
Geskrapte inhoud Bygevoegde inhoud
No edit summary |
→Kenmerke: spasie |
||
Lyn 27:
Hulle is stand- of trekvoëls met eenvoudige, flouerige sang en ‘n beperkte stel roepe.<ref name="proz3">{{cite book |last1=Prozesky |first1=O.P.M. |last2=Findlay |first2=Dick |title=Veldgids – Voëls van Suider-Afrika |date=1974 |publisher=Perskor Uitgewery |location=Johannesburg |isbn=0-628-00266-1 |page=297 |edition=1ste }}</ref> Sangvlugvertonings is algemeen,<ref name="rob5"/> maar hulle roep ook van die grond af, direk na hulle opvlieg, of in enkele gevalle uit bome. Anders as die wewers en mossies ([[Ploceidae]] en [[Passeridae]]) hop hulle nie, maar stap of hardloop grondlangs soos lewerikke.<ref name="proz3"/> Hulle maak jag op insekte en ander klein ongewerweldes, is matig gregaries buite die broeityd,<ref name="rob5"/> en mag saam met ander sangvoëls op onlangs afgebrande grasveld saamtrek. Hulle is tuis aan oewers, by strome, in grasveld en ander oop habitatte soos bos- en selfs woudooptes.<ref name=zim/> Alhoewel hulle halfwoestyn benut,<ref name="rob5"/> is hulle minder daarby aangepas as die lewerikke.
Soos die lewerikke bou hulle koppie-vormige en redelik goedversteekte [[nes]]te op gelyk grond.<ref name=gill>{{cite book|last1=Gill |first1=E. Leonard |last2=Winterbottom |first2=J. M. (hersien) |title=A first guide to South African birds |date=1975 |publisher=Maskew Miller |location=Kaapstad |isbn=0623005964 |pages=63–66 |edition=7de}}</ref> Neste word ook
Aanduidings is dat die koesters (''[[Anthus]]'') soos die kalkoentjies (''[[Macronyx]]'') in [[Afrika]] ontstaan het. Hierna het die aanpasbare koester-takson wyd oor die wêreld versprei geraak, en ook onlangse spesiasie ondergaan.<ref name=mps>{{cite book |last1=Irwin |first1=Michael P. Stuart |title=The Birds of Zimbabwe |date=1981 |publisher=Quest Publishing |location=Salisbury, Zimbabwe |isbn=086-9251-562<!-- 086-9251-554--> |page=330 }}</ref> Die minder aanpasbare kalkoentjies het daarenteen endemies aan Afrika gebly, en kan as groot kleurryke koesters beskou word. Die kwiksterte (''[[Motacilla]]''), ’n buitegroep van voorgenoemde twee, het in die gematigde en waterryke noorde ontstaan. Die drie endemiese kwikstert-spesies van Afrika blyk aldus van naverwante taksa uit die [[Palearktiese gebied|Palearktiese ekostreek]] af te stam.<ref name=mps/>
|