PROVINSIALE EKSAMEN
NOVEMBER 2023
GRAAD 11
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA
VRAESTEL 1
TYD: 3 uur
PUNTE: 150
13 bladsye + 2 inligtingsblaaie
b.o.
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 2
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou naam in die toepaslike spasie in die ANTWOORDBOEK.
2. Die vraestel bestaan uit NEGE vrae. Beantwoord ALLE vrae in die
ANTWOORDBOEK behalwe VRAAG 3.5.1 wat op die aangehegte grafiekpapier
beantwoord word. Skryf jou naam in die toepaslike blokkie op die grafiekpapier.
3. Begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy in die ANTWOORDBOEK.
4. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik
word.
5. Laat EEN lyntjie oop tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en
VRAAG 2.2.
6. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
7. Jy mag toepaslike wiskundige meetinstrumente gebruik.
8. Jy word aanbeveel om die aangehegte DATAVELLE te gebruik.
9. Toon ALLE formules en vervangings in ALLE berekeninge.
10. Rond jou FINALE numeriese antwoorde af tot ʼn minimum van TWEE desimale
plekke.
11. Gee kort motiverings, besprekings, ens. waar benodig.
12. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 3
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Vier opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke vraag het
slegs EEN korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
(1.1 tot 1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.11 A.
1.1 Die stelling hieronder verwys na vektor- en skalaarhoeveelhede.
(i) ʼn Vektor het grootte en rigting terwyl ʼn skalaar slegs grootte het.
(ii) ʼn Skalaarhoeveelheid kan altyd by ʼn vektorhoeveelheid bygetel word.
(iii) Krag is ʼn voorbeeld van ʼn vektorhoeveelheid terwyl afstand ʼn voorbeeld van
ʼn skalaarhoeveelheid is.
Watter van die bostaande stellings is WAAR?
A Slegs (i) en (ii)
B Slegs (i) en (iii)
C Slegs (ii) en (iii)
D Slegs (i) (2)
1.2 ʼn Leerling stoot twee blokke A en B oor ʼn horisontale growwe oppervlakte teen ʼn
konstante spoed. Die massa van blok A is minder as dié van blok B.
F toegepas
B
Hoe vergelyk die krag F1, wat blok A op blok B uitoefen, met die grootte van
die krag F2, wat blok B op blok A uitoefen?
A F1 = F2 0
B F1 = F2 = 0
C F1 > F2
D F1 < F2 (2)
1.3 Twee kragte, F1 en F2, werk in op ʼn punt. Indien F1 en F2 in dieselfde rigting werk,
is die maksimum resulterende krag se grootte 15 N. Indien die kragte F 1 en F2 in
die teenoorgestelde rigting werk, is die minimum resulterende krag 3 N. Die
grootte van die twee kragte, in Newton is:
A 8 en 7
B 12 en 3
C 11 en 4
D 9 en 6 (2)
b.o.
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 4
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
1.4 Die gravitasieversnelling op ʼn planeet twee keer die massa van die Aarde en die
helfte van die radius van die Aarde sal … wees.
A 9,8 m.s-2
B 19,6 m.s-2
C 39,2 m.s-2
D 78,4 m.s-2 (2)
1.5 Die diagram hieronder verteenwoordig die elektriese veldpatroon rondom ʼn
negatiewe puntlading. R, S en T is punte by verskillende afstande vanaf die
negatiewe puntlading.
Die grootte van die elektriese veld van die puntlading is die …
A grootste by punt R.
B grootste by punt S.
C grootste by punt T.
D dieselfde by punte R, S en T. (2)
1.6 Twee identies geleidende sfere wat ʼn positiewe lading van Q1 en Q2 (dubbel die
lading van Q1) het, word geskei deur ʼn afstand r. Indien die sfere toegelaat word
om kontak te maak en hul word weer geskei tot dieselfde afstand, sal die krag
tussen hulle … wees.
A nul
B groter as voor kontak
C kleiner as voor kontak
D dieselfde as voor kontak (2)
1.7 Watter van die volgende sal die mees effektiewe (sterkste) elektromagneet gee?
A ʼn Enkeldraad met ʼn groot stroom wat daardeur vloei.
B ʼn Enkeldraad met ʼn klein stroom wat daardeur vloei.
C Baie windinge draad om ʼn spoel met ʼn klein stroom wat daardeur vloei.
D Baie windinge draad om ʼn spoel met ʼn groot stroom wat daardeur beweeg. (2)
b.o.
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 5
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
1.8 Die diagram hieronder toon ʼn magneet wat weg van ʼn solenoïde beweeg word.
Watter van die volgende stellings is KORREK?
A Die geïnduseerde stroom sal van A na B vloei soos dit deur die resistor
beweeg.
B Die geïnduseerde stroom sal van B na A vloei soos dit deur die resistor
beweeg.
C Geen stroom sal deur die resistor vloei nie.
D ʼn Wisselstroom sal deur die resistor vloei. (2)
1.9 Die stroombaandiagram hieronder verteenwoordig bestaan uit twee resistors en
drie identiese ammeters, wat Iesings van I1, I2 en I3 onderskeidelik registreer.
Watter van die volgende stellings is FOUTIEF?
A I2 = I1 + I3.
B I1 is kleiner as I3.
C I2 is die stroom in die sel.
D I3 is die stroom in die 6 Ω resistor. (2)
1.10 Die betekenis van ʼn potensiaalverskil van 15V is …
A wanneer ʼn stroom van 5A deur ʼn stroombaan met ʼn weerstand van 3 vloei.
B wanneer 15 joule energie verskaf word aan elke Coulomb lading wat deur
die stroombaan beweeg.
C wanneer 45 watt gebruik word met ʼn stroom van 3A.
D wanneer die EMK 15V is. (2)
[20]
b.o.
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 6
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
VRAAG 2 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Beskou die drie kragte wat op ʼn voorwerp inwerk soos aangetoon in die onderstaande
diagram.
T = 250 N
F = 150 N
20 45
w = 100 N
2.1 Definieer die term resultant van ʼn vektor. (2)
2.2 Bepaal die grootte en rigting van die resultante horisontale en vertikale kragte. (4)
2.3 Bepaal die grootte en rigting van die resultante krag wat op die voorwerp inwerk. (5)
2.4 Gee die grootte en rigting van die krag wat die sisteem kan balanseer. (2)
[13]
VRAAG 3 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Nasionale Bouregulasies vir trollie- en rystoelopritte spesifiseer dat ʼn oprit 6 m in lengte
moet wees, terwyl die helling van die oprit 4,76° moet wees. Die gekombineerde massa
van die trollie en die inhoud is 80 kg. Die koëffisiënt van statiese wrywing tussen die
wiele van die trollie en die oprit is 0,1.
3.1 Definieer die term statiese wrywingskrag. (2)
b.o.
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 7
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
3.2 Teken ʼn benoemde vryliggaamdiagram van al die kragte wat op die trollie aan die
bokant van die oprit inwerk, sodra dit by die afrit begin afrol. (3)
3.3 Bereken die grootte van die maksimum krag van statiese wrywing terwyl die trollie
aan die bokant van die oprit is. (3)
3.4 Indien die oprit langer as 6 m is, word ʼn oprit wat minder skuins is benodig. Vir ʼn
oprit met ʼn helling wat minder skuins is, sê of die volgende sal TOENEEM,
AFNEEM of DIESELFDE BLY.
3.4.1 Die koëffisiënt van statiese wrywing. (1)
3.4.2 Die krag van statiese wrywing. (1)
3.4.3 Verduidelik die antwoord op VRAAG 3.4.2 in wetenskaplike terme. (2)
3.5 Die leerders in die Fisiese Wetenskappe laboratorium voer ʼn eksperiment uit met
ʼn trollie en ʼn houtblok op ʼn helling. Die doel van hierdie eksperiment is om
kinetiese wrywing met statiese wrywing te vergelyk deur die waardes van die
twee eksperimente op dieselfde assestelsel te teken.
Die volgende waardes vir die eksperiment word aangeteken.
LESINGS Normaal (A) fs (A) Normaal (B) fs (B)
(TROLLIE) (in N) (BLOK) (in N)
(in N) (in N)
1 6,80 0,185 6,80 0,15
2 7,75 0,21 7,75 0,17
3 8,70 0,235 8,70 0,19
3.5.1 Gebruik die inligting in die tabel om ʼn grafiek te teken vir beide die trollie
en die blok. Gebruik DIESELFDE ASSESTELSEL. Benoem die grafiek
van die trollie A en die grafiek van die blok B. (4)
3.5.2 Watter deel van elkeen van die grafieke verteenwoordig die koëffisiënt van
wrywing? (1)
3.5.3 Indien die grafiek van die trollie statiese wrywing verteenwoordig en die
blok se grafiek kinetiese wrywing verteenwoordig, verduidelik die verskil
tussen die koëffisiënt van statiese wrywing en die koëffisiënt van kinetiese
wrywing wat op die grafiek waargeneem kan word. (2)
[19]
b.o.
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 8
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
VRAAG 4 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
ʼn Bakkie hou by ʼn kruising stil. Die drywer van die bakkie trek skielik weg. Die persoon
wat agter op die rand van die bakkie sit, val af.
4.1 Identifiseer die wet wat sal veroorsaak dat die persoon van die agterkant van die
bakkie sal afval. (2)
4.2 Noem die eienskap van materie wat die traagheid van die voorwerp sal bepaal. (1)
4.3 Gee ʼn voorbeeld van ʼn veiligheidsmaatreël wat in voertuie gebruik word om so ʼn
insident te voorkom. (1)
4.4 Wat moet die netto krag op ʼn man van 70 kg wees as hy in die voertuig sit en teen
ʼn konstante snelheid van 15 m.s-1 beweeg. (2)
[6]
VRAAG 5 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Twee blokke, A en B, is aanmekaar verbind deur ʼn ligte, onrekbare toutjie, soos
aangetoon in die diagram hieronder. Blok A het ʼn massa van 10 kg en ervaar ʼn
wrywingskrag van 29,88 N. Blok B het ʼn massa van 8 kg. Die koëffisiënt van kinetiese
wrywing van die ruwe helling is 0,31. ʼn Krag F beweeg die blokke teen ʼn konstante
snelheid teen die skuinsvlak op.
5.1 Stel Newton se eerste wet in woorde. (2)
5.2 Teken ʼn benoemde vryliggaamdiagram vir blok B. (5)
b.o.
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 9
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
5.3 Bereken die:
5.3.1 Normaalkrag wat op blok B inwerk. (3)
5.3.2 Spankrag in die tou. (3)
5.3.3 Krag toegepas op blok B. (4)
Die krag wat op blok B toegepas word, word verwyder en die twee blokke begin teen die
helling afgly.
5.4 Stel Newton se tweede wet van beweging in woorde. (2)
5.5 Hoe sal die wrywingskrag wat deur blok A ervaar word, verander? (2)
5.6 Bereken die versnelling van die sisteem. (5)
5.7 Die twee blokke bereik ʼn plat oppervlak, wat dieselfde eienskappe het as die
oppervlak van die skuinsvlak, en hou aan beweeg op die plat oppervlak totdat hulle
tot ʼn stilstand kom.
5.7.1 Hoe sal die wrywingskrag wat deur die blokke op die plat oppervlak ervaar
word, verander? Skryf slegs NEEM TOE, NEEM AF of BLY DIESELFDE. (1)
5.7.2 Verduidelik die antwoord op VRAAG 5.7.1. (3)
5.8 Identifiseer ʼn Newton se derde wet van beweging paar terwyl die blokke teen die
helling afgly. (2)
[32]
b.o.
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 10
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
VRAAG 6 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
ʼn Klein metaalsfeer P word op ʼn geïsoleerde staander geplaas. Die sfeer dra ʼn lading
van -4 nC.
-4 nC P
6.1 Stel die beginsel van behoud van lading. (2)
6.2 Bereken die aantal elektrone in oormaat op sfeer P. (3)
ʼn Tweede identiese metaalsfeer Q wat ʼn lading van +3 nC dra, word 4 cm vanaf sfeer P
geplaas, soos aangetoon in die diagram hieronder.
-4 nC P 4 cm Q +3 nC
6.3 Stel Coulomb se wet in woorde. (2)
6.4 Is die krag wat sfeer P op sfeer Q uitoefen ʼn AANTREKKINGSKRAG of ʼn
AFSTOTINGSKRAG? (1)
Die sfere word nou met mekaar in kontak gebring en dan in hul oorspronklike posisies
teruggeplaas.
6.5 Bereken die nuwe lading op elke sfeer. (2)
6.6 Bereken die grootte van die elektrostatiese krag wat sfeer P nou op sfeer Q
uitoefen. (4)
6.7 Met watter faktor sal die grootte van die krag in VRAAG 6.6 verander as die
afstand tussen die sfere gehalveer word? (Moenie die nuwe waarde van die krag
bereken nie.) (1)
[15]
b.o.
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 11
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
VRAAG 7 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
P is ʼn punt 1,5 m vanaf ʼn gelaaide sfeer Q. Die elektriese veld by P is 6 x 107 N∙C-1 in
die rigting van Q. Verwys na die diagram hieronder.
1,5 m
P Q
7.1 Definieer die term elektriese veld by ʼn punt. (2)
7.2 Teken die elektriese veldpatroon veroorsaak deur die gelaaide sfeer Q. (2)
7.3 Bereken die grootte van die lading op sfeer Q. (4)
7.4 ʼn Ander gelaaide sfeer, R, wat ʼn oormaat van 105 elektrone het, word nou 0,75 m
regs van lading Q geplaas. Bereken die elektriese veldsterkte by punt P.
1,5 m 0,75 m
P
Q R (5)
[13]
VRAAG 8 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
ʼn Magneet word naby aan ʼn solenoïde of spoel gebring soos in die diagram hieronder
aangedui.
Spoel Rigting van beweging
Voorkant
van spoel
Magneet
Agterkant
0
- +
Galvanometer
8.1 Stel Faraday se wet van Elektromagnetiese induksie. (2)
8.2 Waarom toon die galvanometer ʼn uitwyking as die magneet naby die spoel
gebring word? (1)
b.o.
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 12
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
8.3 Watter reël kan gebruik word om die rigting van die geïnduseerde stroom te
bepaal? (1)
8.4 Gee DRIE maniere hoe die sterkte van die geïnduseerde stroom verhoog kan
word. (3)
8.5 ʼn Spoel met 200 windinge (draaie) word geroteer sodat die magnetiese
vloedkoppeling met elke winding verander van 5 10-4 Wb na 1 10-4 Wb in 0,2 s.
Bereken die geïnduseerde emk in die spoel. (3)
[10]
VRAAG 9 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Bestudeer die stroombaandiagram hieronder waar die battery ʼn EMK van 15V het.
Ignoreer enige interne weerstand en beantwoord die vrae wat volg.
9.1 Stel Ohm se wet in woorde. (2)
9.2 Identifiseer die resistor wat NIE ʼn ohmiese resistor is NIE. (2)
9.3 Gee ʼn rede vir die antwoord op VRAAG 9.2. (2)
9.4 Met slegs skakelaar S1 gesluit,
Bereken:
9.4.1 Die totale weerstand in die stroombaan (2)
9.4.2 Die lesing op die ammeter (3)
9.4.3 Die lesing op V2 (2)
b.o.
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 13
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
Skakelaar S 2 word nou gesluit (S1 bly gesluit.) Die lesing op die ammeter is 1,2 A.
9.5 Wat sal jy waarneem met betrekking tot die helderheid van die lamp? Kies uit
NEEM TOE, NEEM AF of BLY DIESELFDE. (1)
9.6 Gee ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 9.5 (2)
9.7 Bereken:
9.7.1 Die lesing op V2 (3)
9.7.2 Die waarde van R (3)
[22]
TOTAAL: 150
EINDE
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 14
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 11
PAPER 1 (PHYSICS)
GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 11
VRAESTEL 1 (FISIKA)
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
g 9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Gravitational constant
G 6,67 x 10-11 Nm2kg-2
Swaartekragkonstante
Radius of Earth
RE 6,38 x 106 m
Straal van Aarde
Coulomb's constant
K 9,0 x 109 Nm2·C-2
Coulomb se konstante
Speed of light in a vacuum
c 3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in ʼn vakuum
Charge on electron
e -1,6 x 10-19 C
Lading op electron
Electron mass
me 9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa
Mass of the Earth
M 5,98 x 1024 kg
Massa van die Aarde
TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
MOTION/BEWEGING
v f = v i + a t x = v i t + 21 at 2
v + vi
v f = v i + 2ax
2 2
x = f t
2
FORCE/KRAG
Fnet = ma w = mg
Gm1m 2 fs
F= s = (max/maks)
r2 N
f
k = k
N
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 15
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG
1
v=f T=
f
ni sin i = nr sin r c
n=
v
ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA
kQ 1Q 2 F
F= (k = 9,0 x 109 Nm2·C-2) E=
r2 q
kQ W
E= 2 (k = 9,0 x 109 Nm2·C-2) V=
r Q
ELECTROMAGNETISM/ELEKTROMAGNETISME
=−N = BA cos
t
CURRENT ELECTRICITY/ELEKTRIESE STROOMBANE
Q V
I= R=
t I
1 1 1 1
= + + + ... R = r1 + r2 + r3 +...
R r1 r2 r3
W = Vq W
P=
Δt
W = VI t
P = VI
W= I2R t
P = I2R
V Δt
2
V2
W= P=
R R