0% found this document useful (0 votes)
667 views20 pages

Afr GR 4

Afr gr 4

Uploaded by

qdhjn6p8vh
Copyright
© © All Rights Reserved
We take content rights seriously. If you suspect this is your content, claim it here.
Available Formats
Download as PDF or read online on Scribd
0% found this document useful (0 votes)
667 views20 pages

Afr GR 4

Afr gr 4

Uploaded by

qdhjn6p8vh
Copyright
© © All Rights Reserved
We take content rights seriously. If you suspect this is your content, claim it here.
Available Formats
Download as PDF or read online on Scribd
You are on page 1/ 20
Pee dune cu aL} Soms word nuwe woorde van basisvorme afgelei deur die klinker te verander. Voorbeelde swel —* geswelde of geswolle (letterlik geswelde kiewe, maar iemand wat baie van homself dink het ’n geswolle hoof) bederf — bederfde of bedorwe (letterlik bederfde kos, maar 'n kind wat bederf word, is °n bedorwe brokkie} Jy sal in volgende grade meer hiervan leer. abisa’ ‘Oukei k: a amin é 94 abba |, Taalfokus 3: Leenwoorde Leenwoorde is woorde wat ons uit ander tale leen, omdat ons nie ‘n soortgelyke woord in Afrikaans het nie. Die meeste van ons leenwoorde kom uit Engels, en dan het ons ook 'n klomp uit byvoorbeeld Maleis, Khoisan-tale, Frans, Duits, Italiaans, Latyn, Zoeloe en Xhosa. Ons het selfs leenwoorde uit Japannees, Indiese tale en Russies! Ons skryf dit gewoonlik in skuinsskrif. Party leenwoorde raak later so bekend en algemeen dat ons dit later ’n Afrikaanse spelling gee en nie meer in skuinsskrif skryf nie. Voorbeelde: ubuntu uit Zoeloe; croissant uit Frans; coo/, cowboy, rock (musiek) uit Engels Leenwoorde waar Afrikaans die spelling behou: abba uit Maleis; spaghetti en lasagne uit Italiaans; tsotsi uit Xhosa; aitsa uit Khoisan Leenwoorde met Afrikaanse spelling: oukei (uit Engels OK); aikéna (uit Zoeloe hawukona); riksja (uit Hindi riksha); kamma (uit Khoi); sjampanje (uit Frans champagne); konfetti (uit Italiaans confetti); tsoenami (uit Japannees tsunami) - 6. Soek ’n paar van die leenwoorde in die kassie hier- bo in jou woordeboek. Skryf hulle in jou persoonlike d woordeboek saam met die betekenis neer. dayde, 7. Indie gedig, “By die dokter” is daar twee 0 leenwoorde, een uit Maleis en een uit Engels. . a) Skryf hulle neer. spit b) Wat is ’n ander woord vir “doepa”? c) Wat beteken dit om “spif" te voel? 8. Maak ‘n Iys van nog leenwoorde waaraan jy kan dink. eee—CSC“‘C:;isC © Skryf Skryf jou eie gedig oor ’n keer toe jy siek gevoel het. Jou gedig Voor jy skryf moet drie strofes 1. Maak ’n lys van alles waaraan jy kan dink @) wat jou makeer het b) hoe jy gevoel het c) wat jy gedoen het om beter te voel d)_medisyne wat jy gedrink het e) wat alles gebeur het 2. Dink nou aan moontlike rymwoorde. met vier versreéls elk hé. Beplan en skryf jou gedig * Besluit hoe jy die gedig gaan begin, wat in elke strofe gaan gebeur en hoe dit gaan eindig. * Begin nou skryf. Gebruik jou lys van inligting. Baie mense besluit vooraf op watter rymwoorde hulle gaan eindig en bou dan n versreél wat daarby pas. * Lees jou gedig. Tik die ritme met jou hand terwyl jy lees. Voeg nog woorde by of vat weg as die ritme nie lekker werk nie. Nadat jy geskryf het I. Het jy die regte hoofletters en leestekens gebruik? 2. Het jy strofes gebruik? Is daar reéls wat rym? 3. Lees jou gedig vir ’n maat - kry terugvoering en redigeer jou gedig 4. Lees nou jou gedig vir spelfoute en taalfoute. 5. Skryf jou gedig netjies oor en teken ’n prent wat daarby pas. Kontroleer weer die spelling. Jy kan ook 'n storie in plaas van ’n gedig skryf. Gebruik dieselfde lys met idees en skryf 'n storie van 100 tot 120 woorde. Tema 2 Hoesenproes (119 Deurlopende assessering Lees die gedig en beantwoord die vrae: x 2 x N By die dokter Ek snuit en nies en hoes en proes: my skouers pyn, my kop voel kroes Die dokter sé: “Ou seun, ek weet: ‘nnare griep het jou hier beet.” Hy gee my doepa, ga! soos gif. Die griep verdwyn, en ek voel spif! . Wat is die titel van die gedig? Dink jy dit is 'n gepaste titel? Hoekom sé jy so? (3) . Water siekte het die seun gehad? a) Maak ’n lys van al die simptome van die siekte. (3) Van watter woord is “nare” afgelei en hoekom dink jy het die digter dit so in die gedig gebruik? (2) . Hoekom dink jy het die digter die woord “spif” in die laaste strofe van die gedig gebruik? (2) . Wat beteken dit om iets “beet te kry"? Verduidelik soos dit in die gedig voorkom. (2) '. Wat is die funksie van die kommapunt in die eerste strofe? a) 8. Hoe weet jy dat die woorde wat die dokter sé sy direkte woorde is in die tweede strofe? (1) 4. Hoekom gebruik die digter ’n uitroepteken in die derde strofe? Watter effek het dit? (2) 10. Kyk na die gebruik van kommas in die gedig. Dink aan ’n rede hoekom die digter dit elke keer gebruik het. (2) 1. Soek sinonieme in die gedig vir: a) blaas b) seer (2) 12. Soek antonieme in die gedig vir: a) goeie b) vat (2) 13. Die basisvorm van die volgende woorde kom in die gedig voor. Soek en skryf dit ner: @) pynigende b) niesery (2) Totaal: 25 Luister en praat * liter vir spesfieke besonderhede + ister na inlgtingsteks en interpreter, ‘nvisuce eke Lees en kyk + voorspel op grond van ‘ttl, graiek enka «ees nformatiowe teks * haal die hoofgedegte en ondersteunende cgedagtes uit + interpreter’ vsuce teks Skryf en aanbied * shy!’ teks met prent, kaart en tabelle {ska paragrant oor visuee teks korek Taalstrukture en -konvensies + volaalgroep 1, 2 en 3; ditonge + Wooideboekorerk en alfabetise volgorde * Kankorepe en letergree;afbreek van ‘woorde + leenwoorde + enkelvoudige en saamgesteldesinne 1 idiome en iciomatiese utruiings * Iydende en bedeywende vorm * speling, lestekens en sryftekens Kyk na die foto en praat oor die volgende: 1. Wat sien jy alles op die foto? Noem soveel as moontlik natuurwoorde. 2. Hoe lyk die kleure op die foto? Is die natuur se kleure regtig so helder of dink jy die foto is met 'n rekenaar ingekleur? 3. Daar is regtig pragtige kleure in die natuur — gesels oor wat vir julle die mooiste kleure in die natuur is. Sé ook hoe dit julle laat voel. 4, Wat het die grond nodig om sulke helder kleure voort te bring? 5. Wat gebeur as daar nie genoeg reén in ‘n streek val nie? Watter uitwerking het dit op die mense en diere? ims (@) Gronderosie Gesels saam: Watter ervarings het jy al van droogte en erosie, of 'n hittegolf, dae lange reén, ’n stormwind of oorstroming, of snerpende koue gehad? 422) Kwai! 3, Week7-ens @ Luister en praat Kyk na die land (grond) op hierdie foto. Hoe lyk dit vir jou? Wat noem ons dit as die grond so lyk? Gesels oor die volgende in klein groepies: 1. Wat veroorsaak erosie? 2. Watter slegte gevolge kan erosie hé, veral vir boere? 3. Hoe kan erosie voorkom word? Luister na inligting Lees eers deur die volgende vrae, maak dan jou boek toe. Luister nou na die teks oor erosie. Luister spesifiek vir die antwoorde. Probeer soveel as moontlik feite onthou. Beantwoord nou hierdie vrae saam in die klas: 1. Noem 'n plek waar erosie 'n skouspelagtige besienswaardigheid gevorm het. 2. Hoekom is die boonste lag grond belangrik? 3. Wat gebeur soms met die bogrond wanneer dit baie reén? 4. Noem een ding wat mense kan doen om ’n rivieroewer se goeie grond te red. cua cc * Land van melk en heuning: land met baie goeie dinge * Die beloofde land: die plek waar alles goed gaan * Lank in die land wees: ’n baie ervare persoon wees * Land en sand praat: aanmekaar praat * Liewe land!: uitroep van verbasing of verwondering Werk met woorde Kyk na die uitdrukkings in die blokkie hierbo. Skruf hulle in jou persoonlike woordeboek neer en maak dan ’n sin waarin jy elkeen gebruik. @ Lees en kyk Die streke in Suid-Afrika het verskillende weerpatrone. Daarom het ons land nie net een klimaat nie, maar ’n hele paar klimaatstreke. Pre-lees Gesels as 'n klas saam oor klimaat. I. Kyk na die titel en kaart op bladsy 124. Waaroor dink jy gaan jy lees? 2. Watter soort teks, dink jy, is teks 1? 3. Wat beteken die woord “klimaat”? 4. Weet jy wat die streek waar jy bly se klimaat is? Kyk na die woordblokkies op bladsy 125 om jou te help. . Wat, dink jy, beinvioed ’n streek se klimaat? . Hoe weet mense wat om van die weer in hulle arg streek te verwag? Grasland on Kenmerke van ’n inligtingsteks + ‘nInligtingsteks verskaf inligting of feite. * Die feite wat bymekaar pas word saam aangebied. * Soms het die paragrawe opskrifte wat die leser help om die inligting te lees. * Dit het dikwels grafieke, tabelle, kaarte, diagramme, sketse of foto’s. Dit word visuele komponente genoem. Leesstrategieé: Kernwoorde vir vluglees en soeklees © Skep ’n breinkaart of spinnekopdiagram in jou klaswerkboek. * Vluglees: Lees net die eerste sin van teks | en die subopskrifte. © Skryf in die middel van jou breinkaart waaroor die teks gaan. * Skryf in die blokkies of sirkels rondom die middelste sirkel die hoofgedagtes wat jy viugtig gelees het. * Soeklees: Neem ’n liniaal en ’n potlood en onderstreep net die kernwoorde in teks | — slegs een of twee woorde per subopskrif. rem nd (2) Teks |:’n Inligtingsteks Lees hierdie inligtingstuk en beantwoord dan die vrae. Hoofopskrif —Klimaatstreke in ons land ‘nInligtingsteks”” Die! is die algemene toestande van die lug verskaffeite oor en weer van daardie spesifieke streek. Suid-Afrika is 'n land met ver- ‘nspesifieke _ skillende weerpatrone. Een provinsie kan selfs verskillende klimate hé. ‘onderwerp Temperatuur, reénval en plantegroei Subopskrifte help — Die klimaat van ’n streek hang af van faktore soos die gemiddelde omdiefeite te ‘temperatuur en hoeveel reén dit kry. Die westelike dele van ons land gtoepeerin'n js dor en droog terwyl dit meer in die ooste reén. Die plantegroel in bepaalde volgorde —_‘n streek hang af van die klimaat, en dit beinvloed weer watter diere in 'n streek sal voorkom. Dit is veral die hoeveelheid vog en hitte wat bepaal watter plante in ‘n bepaalde omgewing sal ard, Suid-Afrika se klimaatstreke EM cece Fijomas FE ce recor snunirs I camac so ns ee en i en TE oso tn wee Visuele komponente: ‘'ninligtingsteks bevat dikwels grafieke, tabelle, karte, diagramme of foto's by die teks om dit nog beter te verduidelik Onderskrif —{n Kaart van die klimaatstreke van Suid-Afrika Die grasveld ~—{]] Hierdie streek kom voor in die hoér, noord-oostelike dele van. Suid-Afrika. Die winters is droog en koud en ryp kom voor. Dit reén Kleurkodes help jou om die kaart en die teks bymekaar te pas Kwartaal 3, Week 7 en 8 van Oktober tot Mart, gemiddeld 500 mm per jaar. Rooigras is die belangrikste grassoort. [Die mees noordelike grasveld en bosveld van Suid-Afrika (deel van Limpopo) strek oor die grens na die buurlande. Die oostelike platorand i Hier reén dit ook heelwat. Die plantegroei wissel van digte bosveld tot oop veld. Tipiese grasveldplante, soos bosse en grasse, word hier aangetref. Die boomsoorte hier is meestal doringbome, mopaniebome, kremetartbome en maroelabome. Beste en bokke aard goed Die subtropiese laeveld i 00s en noord van die grasveld is dit warmer met minder ryp. Hierdie streek is laer bo seevlak en 1é nader aan die warm ewenaar. Die subtropiese kus i Van Port Elizabeth en noord deur KwaZulu-Natal is die subtropiese kuswoud. Hierdie streek kry meestal somerreén, en soms kry dit selfs dwarsdeur die jaar reén. Dit bestaan uit digte bosse, wortelbome en palmbome. Die gematigde kus en woudlande [i Vir die ontstaan van woude moet daar goeie grond, gematigde winters en genoeg reén (meer as 800 mm per jaar) wees. Hier groei nog hot immergroen bome, soos die geelhoutsoorte, swart ysterhout en stinkhout. Die Knysna-bos is ’n beroemde woud. Bosolifante kom in die Addo Nasionale Park voor. Kaapse fynbos-struikland Hl Die Mediterreense streek in die Wes-Kaap kry hoofsaaklik winterreén. Die plante moet in die lang, warm somer met onder- grondse water klaarkom. ‘n Groot verskeidenheid fynbos, soos proteas en erikas, kom hier voor. Woestyn en half-woestyn (Weskus-woestyn) [i Noord van die fynbos-gebied val minder as 125 mm reén per jaar. Hier kom baie vetplante voor soos die bekende halfmens en boesmankers. Namakwaland en die Kalahari-woestyn is deel van hierdie streek. [Bi ¥1 verspreide karoobossies groei in die droé westelike en sentrale binneland, waar dit in die somer ‘n bietjie reén. Die plante groei viak teen die grond: die meeste is korter as 50 cm. Talle vygies en groter vetplante soos aalwyne en die noorsdoring is ook volop. Weens gronderosie versprei die woestynplante al hoe meer ooswaarts. Namakwaland Woordeskat halfwoestyn woude —subtropies bosveld Karoo Laevelg Weskus mediterreens fynbosstreek Namakwaland Boesmaniand Kaapse middellande res) Protea youdvaring karoobossie Post-lees: Verstaan die teks I. Verduidelik in een sin wat “klimaat” beteken. 2. Hoe weet jy hierdie is ‘n inligtingsteks? Noem twee kenmerke wat jy raaksien. . _Hoekom het Suid-Afrika verskillende klimaatstreke? . In watter klimaatstreek bly jy volgens die kaart op bladsy 124? Skryf die streeknaam neer. . Kies ’n woord om die area waar jy woon te beskryf: * subtropies * woestynagtig * woudagtig * bergagtig * gematig * bosveld * grasveld * droog 6. Soeklees deur die teks, en sé in water klimaatstreek die volgende voorkom: oO Fw a) vetplante b)_palmbome c) bosolifante d) aalwyne e) fynbos #) ryp 7. Pas die prente by die woorde in die kantlyn. Skryf die nommer en plantnaam neer. Werk met woorde en sinne 1. Verdeel die volgende woorde in klankgrepe: a) gemiddelde b)_verskillende c) immergroen d) binneland 2. Verdeel die volgende woorde in lettergrepe: a) klimaatstreke b) weerpatrone c) _verskillende d) temperatuur 3. Skryf die volgende woorde oor en wys met 'n skuinsstreep waar die beste plek is om elkeen aan die einde van ‘n rel af te breek: mopanie/bome a) doringbome b) maroelabome c) Kalahari-woestyn —d)_gronderosie 4. Brei die enkelvoudige sinne uit deur bysinne by te voeg. a) Die winter is droog. b) In die woude groei hoé immergroen bome. Vat saam Som die inligtingsteks wat jy gelees het in een paragraaf van 50 woorde op. @ Oefen taal Co ea ui Sou od Gucci) Diftonge of tweeklanke is klinkers wat langs mekaar in dieselfde lettergreep voorkom, maar twee klanke vorm. Die een klinker gaan dus oor in die ander een en mens se mond bly oop wanneer jy die tweeklank sé. Voorbeelde: baie, kraci, tuis, oud, groei, eina, rooi, leeu one aes Deeltekens dui 'n ekstra lettergreep aan sodat die woord nie dalk verkeerd uitgespreek kan word nie. Voorbeelde: geéet, led, 08, diéte, breér, hoér, beinvloed, spieél, voél Kappies dui ’n klank wat uitgerek word, aan Voorbeelde: nérens, |é, bére, wereld, hé, sé eG Lees die paragraaf en beantwoord dan die vrae in jou klaswerkboek. Ons het ’n pragtige land. Ons is 'n reenboogland met unieke mense Ek het al my ouma hoor se dat sy nooit in enige ander land sal wil bly nie, al het sy al die hele wereld vol gereis. Sy se hierdie is haar eie mense, onse mense. Waar anders kry jy in een land leeus, olifante, luiperds en witdoodshaaie? Waar kry jy nog 'n natuurwonder soos ‘Tafelberg? Hier is hoe berge, diep riviere en valleie, twee oseane, woestyne, subtropiese strande, bosveld, watervalle en wildtuine, alles! Ek sal my land altyd diep in my hart bere. Ek is vreeslik lief vir hierdie stukkie aarde! I. Daar is woorde in die paragraaf wat dalk verkeerd uitgespreek kan word, omdat die skrywer al die deeltekens en kappies weggelaat het. Skryf al dié woorde korrek oor. 2. Skryf al die woorde met diftonge in jou werkboek oor. Omkring die diftong elke keer met 'n potlood. Skryf nou hierdie woorde alfabeties in jou persoonlike woordeboek. Tema 13 Land 3. Skryf die meervoud van die volgende woorde uit verskillende vokaalgroepe: a) wildsbok b) haai c) plant d) trop e) gat f) leeu 4. Daar is drie woorde in die volgende sinne wat leenwoorde uit ’n ander taal is. Skryf hulle oor en sé uit watter taal hulle kom. Namakwaland is bekend vir sy pragtige veld- blomme, soos vygies en tiienkerientjees. As ons veld toe gaan, abba my boeta my oral rond. 5. Skryf die stelsin hieronder as ’n: a) vraagsin b)_uitroepsin Dit gaan mére in die Koue Bokkeveld sneeu SOREN Cou eeub ee caked *n Mens kan sekere sinne op twee maniere sé, maar die betekenis is dieselfde. Voorbeeld Sin |: Die weerkundige gee volledige inligting. Sin 2: Volledige inligting word deur die weerkundige gegee. Die eerste sin begin met Die weerkundige. Hy is die doener of onderwerp. Hierdie sin is in die bedrywende vorm. Die tweede sin begin met Volledige inligting. Die klem val op die voorwerp — die inligting wat gegee word. Hierdie sin is in die lydende vorm. Die lydende vorm het altyd die woorde word (teenwoordige tyd) of is (verlede tyd) en soms die woord deur. Nog voorbeelde Bedrywende vorm: Die kinders plant bome op Boomplantdag. Lydende vorm: Bome word op Boomplantdag deur die kinders geplant. 6. Skryf die sinne oor. Trek 'n rooi blokkie om die onderwerp, 'n blou blokkie om die voorwerp en onderstreep die gesegde in groen. a) Die bokke vreet die gras. b) Die weervoorspeller voorspel die weer. c) Die mense het die rivieroewer skoongemaak. 7. Die volgende sinne is in die lydende vorm geskryf. Vul die ontbrekende inligting in. a) Die gras ___ deur die ___ gevreet. b) Die word ___die . c) Die rivieroewer ___ deur . (ize) (128) Kwartaal3, Week 7 en 8 © Skryf Voor jy skryf 90 120.———_ Kyk na hierdie twee grafieke. Dit wys 80 wat mense dink positief en negatief 7 1007 in Suid-Afrika is. Die persentasie 60 20 mense wat positief of negatief voel, word aan die linkerkant gewys. Kyk 60 mooi na die gebruik van die kleure “0 en of daar enigiets in die grafieke 30 40 ooreenstem. 20: 2 Skryf 'n inligtingsteks oor Suid-Afrika 10 (twee paragrawe). Kyk na die grafieke en verduidelik hoe ander mense oor Suid-Afrika voel. Verduidelik ook wat MPragtige EMisdaadsyfer natuurskoon 0 : Positief Negatief die grafieke met mekaar te doen het. BVigssyfer aie vershilende HWerlloosheid ie inli minerale Al die inligting moet gegroepeer en e Biorupsie netjies uiteengesit word. 2010-Wéreldbeker 1 - Sa HGoedkoop omin Verietigende * Besluit hoe jy dit gaan orden. Goedioop mense ’n Breinkaart kan jou hier help. (§.2010-Wéreldbeker * Besluit wat jou hoofopskrif en subopskrifte gaan wees. Jy moet volsinne skryf en jou sinne by mekaar laat aansluit. Skryf jou inligtingsteks + Skryf jou eerste weergawe op rofwerkpapier. ONTHOU! Lees die skryfstuk deur en kyk of alles sin maak. ey . * Jy kan die spelling + Besluit of jy iets moet uithaal, byskryf of van woorde in anders moet stel. die woordeboek Maak die spelling en taalfoute reg naslaan. Gee jou paragrawe vir iemand om te proeflees. * Kyk mooi na jou * Skryf nou die finale weergawe netjies oor. leesteken- en hoof- lettergebruik. Nadat jy geskryf het * Het jy volsinne geskryf? * Kontroleer of al die leestekens ingevul is. + Kyk weer of jy alles reg gespel het. Vra ’n maat ‘om jou te help om alles deur te gaan. * Het elke paragraaf ’n ander hoofgedagte? Tema 13 Land (129) Deurlopende assessering Lees die volgende paragrawe en beantwoord dan die vrae. Ons reis graag in ons pragtige land rond. Elke jaar haak ons die woonwa en ry lekker rond. Die Oos-Kaap is my gunstelingprovinsie. Die klimaat van hierdie provinsie is die lekkerste. Dit kan baie warm raak in plekke soos Graaff-Reinet, maar aan die kus waai altyd 'n windjie. Die strande hou vir altyd aan en aan. Aan die Sonskynkus kan 'n mens lank en ver gaan stap en selfs perdry. Die Woody Cape-reservaat is deel van die Addo Nasionale Olifantpark, en daar kan iy 'n permit kry om in die digte woude te gaan stap, of dalk selfs Voéleiland toe te gaan. Dis hier waar ek bosbokke, kameelperde, jakkalse, springbokke en nog baie ander wild sommer van die pad af kan sien, En waar anders as in hierdie pragtige deel van ons land kan jy die Groot 7 sien? In een week kan jy dalk leeus, olifante, luiperds, renosters, buffels, witdoodshaaie en selfs walvisse sien! 1. Skryf die diftong in die blou 8. Hoekom word Voileiland met sin neer. () ’n deelteken geskryf? () 2. Gee 'n antoniem uit die teks 4. Elke jaar haak ons die voonwa. vir slegste. a) a) Gee die onderwerp van 3. Gee 'n sinoniem uit die teks vir: hierdie sin. a) karavaan b) miskien (2) b) Gee die gesegde van 4. Skryf die groen sin in: hierdie sin. a) die verlede tyd ¢) Gee die voorwerp van b) die toekomende tyd (2) hierdie sin. 3) 5. Jy kan die Groot 7 in die 10. Skryf die sin oor in die Oos-Kaap sien. a) Skryf hierdie sin as bedrywende vorm: Daar word baie wild ‘n uitroepsin. (2) gesien deur die besoekers b) Skryf hierdie sin as aan Addo. (2) "n vraagsin. (2) I. Voeg hierdie twee sinne saam c) Skryf hierdie sin as en vorm 'n nuwe sin: ‘n bevelsin. (2) Aan die Sonskynkus kan 'n 6. Rangskik die Groot 7 in die laaste mens ver gaan stap. Jy kan sin in alfabetiese volgorde. (3) ook perdry. (2) 7. Gee die meervoude van die woorde: Totaal: 25 a) karavaan b) permit (2) Luister en praat * lujter na‘ rado-droma * verte die verhaal oor + hon groepberpreking oar bure + vertok n kaakter in de drama Lees en kyk 1 lesa drama enn gedig * leer meer van 'n geaig * beantwoord vine oor de geleesde tekste * bespreck karakters, sentra dees en agtergrond Skryfen aanbied * sk ‘n daloog Taalstrukture en -konvensies + vokaalgtosp 1, 2en 3; ditenge + afebeiese rangsiksing + Kank en lettenrepe;afbrek van woorde + antonieme, sinonieme, homonieme, homatone + basisvorme, voor-en agtervoegsels * werkwoorde en desiwoorde * Salstandige azamwoord en byvosgike naamvioord + kommapunte Kyk na die foto en bespreek die vrae. 1. a 3. Wat sien jy op die foto? Waarna, dink jy, kyk die meisie? Wat, dink jy, gebeur alles agter die muur? .. Waarom is mense altyd so nuuskierig cor hul bure se doen en late? . Vertel nou vir die klas iets goeds, slegs of snaaks van julle bure Bure (131 Woorde wat gebruik kan word vreeslike stank skelm —- NuUskierig blatfende honde geheimsinnig ) Kwartaal 3, Week 9.en 10 Naas @ Luister en praat Gesels in die klas oor die volgende idiome en besluit watter prent in die kantlyn by elkeen pas. Mua) * Sonde met die bure hé: om nie met jou bure oor die weg te kom nie * Neem die huis op horings: speel en lawaai en krap die huis deurmekaar * Elke huis het sy kruis: almal het hulle eie probleme (net soos die bure) * Met die deur in die huis val: dadelik sé wat mens wil sé sonder 'n klomp ander praatjies Luister na ’n radio-drama = Luister na ‘n uittreksel van ’n radio- drama, Die jakkals en die druiwe. Waaroor, dink jy, gaan die storie? 1. Gaan dit oor: a) ’n jakkals wat druiwe as geskenk vir die bure bring? b) ’n jakkals wat die bure se druiwe wil steel? c) ’n jakkals wat toertjies met druiwekorrels doen? 2. Werk saam met ’n maat en besluit watter stellings WAAR of ONWAAR is. a) Die bure se kinders is besig om in die agterplaas te spel. Van die agtergrondgeluide wat jy in die radio- drama hoor, is lopende water. c) John kry eintlik die jakkals jammer. d) Die jakkals sé vir die seuns dat sy eintlik graag van die druiwe wou eet. e) Die seuns was verbaas nadat die honde met hulle gepraat het. 3. Onderstreep al die werkwoorde en deelwoorde in die sinne by nommer 2. . Werk in groepies van drie. Besluit watter karakter elkeen gaan vertolk. Rolspeel die drama. b) @ Lees en kyk Pre-lees I 2. 3. 4. . As jy na die titel van die drama op bladsy 134 kyk, waaroor dink jy gaan dit? . Wat beteken die uitdrukking sonde met die bure? . Water probleme het jy (of jou gesin) al met die bure gehad? . Het jou buurman al iets goed vir julle gedoen? Vertel die klas daarvan 5. Dink jy julle is goeie bure? Motiveer jou antwoord, Kenmerke van ’n drama Co Leesstrategieé: Viuglees en soeklees . Vluglees vir die volgende inligting: a) Op watter dag speel die drama af? 3 In 'n drama kom daar gewoonlik meer as een karakter 0] voor. Die toneel/situasie word voor die tyd as agtergrond vir die leser gegee. Die struktuur van ’n drama: links is die karakter wat gaan praat, 'n dubbelpunt en dan volg die dialoog regs. In die teks word daar (tussen hakies) ekstra inligting gegee om vir die leser aan te dui hoe die karakter sou optree of hoe die toneel op die verhoog sou lyk. Dit help die leser om ‘n “prentjie” in hul verbeelding te vorm. Dit help ook die akteurs om te weet hoe om op te tree. b) Hoe weet jy die tuin is nie in 'n goeie toestand nie? c) Wie is die karakters? . Soeklees vir die volgende inligting: a) Watter idiome kom in die drama voor? b) Wat is Jacques se troetelnaam vir sy vrou? c) Hoekom luister Jacques se vrou nie werklik na hom nie? Lees nou die drama op die volgende bladsy oor alledaagse probleme met die bure aandagtig deur. ~ rete (39) Teks I:” Die toneel/ situasie word vir die leser geskets. Die drama:... isin dialoogvorm geskryf. Die optrede!.. of aksies van die karakter word tussen hakies aangedui n Drama Sonde met die bure (se diere) Titel Dis ’n Sondagmiddag en warm. Jacques en sy vrou, Denise, sit onde 'n sambreel in die agterplas, Die gras is langerig en die sambree! is 00k al voos gebrand,....... (JACQUES) Ek s@ j joulliehe, \ as die bure se kat vanmiddag weer een keer so te kere gaan, gaan die kietsie die tydelike met die ewige verwissel! (DENISE, A(skril stem) Jaaaa, Jacques. Dis jou probleem: praat, raat, praat ... ook al wat jy doen. troetelnaam “(Daar is ‘n vreslike geluid aster die bure se muur.)}-"""""""*>-Bykomende JACQUES: _((spring op sy voete)) Hor daar, Liefie! Watter aksies, sr" normale kat maak sulke geluide? : gebare en DENISE: (sug) Wat is dit met jou ewige obsessie met die" byklanke bure se nuwe kat? wv’ word tussen JACQUES: Ek sé jou wat ... ek’t ’n plan. Nou gaan ons." hakiesin uitvind wat hier aangaan, . die teks aangedui. (Daar’s weer ‘n snaakse geluid.)}---- JACQUES: Luister, daar’s daardie geluid weer! DENISE: __ (verveeld) Soos ek sé, jou problem is dat jy te veel praat en te min doen, (Jacques is besig om ‘n stoel nader te trek sodat hy oor die muur kan loer) JACQUES: Vandag gaan hierdie kat bokveld toe ... ek is moeg vir hierdie vreemde geluide. Geen kat kan soveel bohaai maak nie. (sarkasties) Klim my man! Klim daai muur. Wees maar versigtig, want netnou is jy katkos ... (sy lag. vir haar eie grappie). Dis net toe Jacques sy hand op die bokant van die muur sit, dat 'n tier(kat) teen die anderkant van die muur opspring ... DENISE: Post-lees: Verstaan die teks Beantwoord die volgende vrae: I. Hoe weet jy dis nie die eerste keer dat die “kat” so tekere gaan nie? 2. Watter trostelnaam het Jacques vir sy vrou? 3. Wat is die probleem in die drama? Mense gebruik 4. Wat is Jacques se probleem volgens sy vrou? baie keer troetel- 5. Vluglees net Jacques se dialog. Hoe sou jy woorde soos Liefie, Jacques se persoonlikheid beskryf as jy net dit Skatlam, en Spokie gelees het en nie Denise se kommentar ook nie? om 'n bepaalde 6. Hoekom is dit snaaks as Denise van “katkos” gevoel oor te dra. praat? 7. Dink jy Jacques sou oor die muur geloer het as sy vrou hom nie aangemoedig het nie? Verduidelik. 8. Wat skuil toe agter die buurman se muur? Werk met woorde I. Die volgende selfstandige naamwoorde kom almal uit verskillende vokaalgroepe. Gee die meervoud en verkleining vir elke woord. a) kat —b) tier ~—c) geluid. =~). muur 2. Lees die woorde en uitdrukkings in pare a) Verduidelik in jul eie woorde wat elkeen beteken. Neem beurte. tydelike met die ewige verwissel bohaai —_yooS skril stem obsessie bokveldtoe —_sarkasties b) Skryf dit alfabeties in jou klaswerkboek. 3. Sé wat die basisvorm, voorvoegsel en agter- voegsel in hierdie woorde is. Onderstreep dit met verskillende kleure. a) gebrand b) tydelike c)_verwissel d) ewige 4. Wat, dink jy, beteken hierdie idioom: Dis beter om 'n goeie buurman te hé as 'n vriend wat ver weg is. 5. Verdeel die woorde in klank- en lettergrepe. ) grappie b) langerig ~ Teks 2: ’n Gedig Lees die gedig. Kat en Hond Mevrou Van der Watt het 'n groot swart kat. Mevrou Du Pont het ‘n groot bont hond. “Jou hond byt my kat!” skree Van der Watt. “Jou kat krap my hond!” gil mevrou Du Pont. “Hou jou mond, Du Pont!" “Jy's'n kat, Van der Watt!” So baklei kat en hond Van der Watt en Du Pont. Post-lees: Verstaan die teks Beantwoord die volgende vrae: « Hoe lyk die kat en die hond? 2. Wat doen die kat en hond aan mekaar? 3. Hoekom is die eienaars baie ontsteld oor die 4 diere se gedrag? Watter beledigings gee mev. Du Pont en mev. Van der Watt vir mekaar? 5. Hoekom is dit ’n belediging om vir iemand te sé: “Sy is ’n kat"? 6. a) Mev. Du Pont word vergelyk met ’n b) Mev. Van der Watt word vergelyk met n : 7. Dink jy die vergelyking van kat en hond werk effektief in die gediggie? Verduidelik jou antwoord. 8. Gee twee sinonieme uit die gedig 4. Gee ’n antoniem vir skree. 10. Gebruik mond in twee sinne om die verskil in betekenis te wys. Vat saam 1. Is daar enige ooreenkomste tussen die drama en die gedig? Bespreek. 2. Watter verskille is daar? 3. Skryf kortliks die gebeure in teks | onder mekaar neer. (ase) 136) Kwartaal 3, Week 9 en 10 ee @ Oefen taal LE Eo ead * Ons gebruik ’n kommapunt voor woorde soos dus, daarom, tog, daarna, intussen, nogtans. n Kommapunt word ook gebruik om twee dinge in een sin teenoor mekaar te stel. Lees die onderstaande uittreksel van ‘n toespraak: “Dames en here, ek dink elke huisgesin weet van probleme met die bure. Ons weet ons hoef nie van die bure te hou nie en ons hoef nie saam met hulle te kuier nie; tog, as ons net nou en dan vriendelik groet en hier en daar 'n woordiie wissel, sal ons mekaar dalk beter verstaan en makliker saamleef. Of dit nou gaan oor die muur wat skeef gebou is, die koppie geleende suiker of onnodige klagtes, een ding is seker: bure kan mekaar misverstaan.” I. Voeg die korrekte leestekens in die sine. a) Die bure se kinders speel klipharde musiek tot laat in die aand nogtans is ons goeie vriende b) Ons hond blaf gedurig vir ons bure se kat dus kom hulle kat nie op ons erf nie c) Ons bure het katte hase hoenders en eende op hulle erf. 2. Watter ander uitdrukking kan ons gebruik vir “nou en dan"? 3. Wat beteken die uitdrukking “’n woordjie wissel”? 4. Gee die korrekte vorm van die woorde tussen hakies: a) (Nuuskierig) bure kan die lewe moeilik maak. b) Die bure het 'n (skeef) muur gebou. Petree cL Homofone Klink eenders, maar verskil in betekenis. Let mooi op na die spelling van die woorde: * vee (skape, bokke) en fee (die feetjie in 'n feéverhaal) * rys (wat ons eet) en reis (as jy met ’n motor érens heen ry) * moet (ek moet lees) en moed (braaf of dapper)

You might also like