Yamaha XT1200Z Super Ténéré
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Vervaardiger | Yamaha |
Produksie | Sedert 2010 |
Klas | Avontuurtoer |
Enjin | 1 199 cc waterverkoelde vierslag-, DBNA 4-klep, brandstofinspuiting inlyntweesilinderenjin met 'n 270° krukas |
Kraglewering | 80,9 kW (108,5 pk) @ 7250 opm |
Wringkrag | 114.1 N·m (84.2 lbf·vt) @ 6000 ppm |
Transmissie | 6-gang asdryf |
Vering | Voor: Teleskopiese vurke Agter: Monoshock |
Remme | Voor: 320 mm dubbelskywe, met ABS Agter: 282 mm enkelskyf |
Bande | Voor: 110/80R19 Agter: 150/70R17 |
Wielbasis | 1 540 mm (61 dm) |
Afmetings | Lengte: 2 250 mm (89 dm) Breedte: 980 mm (39 dm) Hoogte: 1 410 mm (56 dm) |
Brandstofkapasiteit | 23 L (5.1 imp gal; 6.1 Am. gal) |
Verwante modelle | XT660Z Ténéré |
Die Yamaha XT1200Z Super Ténéré is 'n motorfiets deur Yamaha Motor Corporation vervaardig, wat van stapel gestuur is in 2010. Die XT1200Z is die jongste in 'n reeks van dubbelsport Yamaha motorfietse vernoem na die Ténéré, 'n woestynstreek in die suidsentraal-Sahara.
Dit beskik oor 'n waterverkoelde vierslag-, brandstofinspuiting 1 199 cc inlyntweesilinderenjin met 'n 270° krukas, wat die motorfiets deur middel van 'n sesgangratkas en dryfas aandryf. Die XT1200Z beskik ook oor 'n multi-modus traksiebeheerstelsel en elektroniese versnellerbeheer (YCC-T) met programme om veldgebruik te ondersteun, veranderbare enjinkartering, en gekombineerde remme met ABS.
Die bekendstellingmodelle is aangedui as First Edition en het stampplate en aluminiumpanniers.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |