Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/24 Augustus
Voorkoms
24 Augustus: Feesdag van Sint Bartolomeus (Westerse Christendom); Onafhanklikheidsdag in Oekraïne (1991); feesdag vir die nuwe Nederlanders (ingestel in 2005)
- 410 – Die Wes-Gote onder Alarik I plunder Rome.
- 1572 – Bartolomeusnag: 'n Slagting deur Katolieke begin waarin na raming 70 000 Hugenote in Frankryk sterf.
- 1759 – Gebore: Die Britse parlementslid William Wilberforce, kampvegter teen slawehandel.
- 1814 – Washington, D.C. word afgebrand tydens die Anglo-Amerikaanse Oorlog van 1812. Die mure van die Withuis word daarna wit geverf om die rookskade te bedek.
- 1989 – Die Solidariteit-gesinde Tadeusz Mazowiecki word die eerste nie-Kommunistiese ministerpresident van Pole ná die Tweede Wêreldoorlog.