Gaan na inhoud

Wikipedia:AutoWikiBrowser

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die AutoWikiBrowser

AutoWikiBrowser afgekort AWB, is 'n semi-outomatiese MediaWiki-redigeerder vir Windows 2000/XP/Vista/7/8/8.1/10 wat ontwerp is om klein, herhalende takies vinniger en makliker af te handel. Dis basies 'n webblaaier wat 'n nuwe bladsy outomaties oopmaak sodra die vorige gestoor is. Wanneer die program opdrag gegee word, stel dit veranderinge voor (uitleg, tikfoute) wat as "klein wysigings" kwalifiseer.

Die AutoWikiBrowser kan 'n lys artikels saamstel gebaseer op die inhoud van een of meerdere kategorieë, "skakels hierheen", die wikiskakels op 'n bladsy, 'n tekslêers, 'n Google-soektog, 'n gebruiker se dophoulys, 'n gebruiker se bydraelys of 'n Wikipedia-soektog.

Die bronprogram is beskikbaar onder die GPL-lisensie en is in C# geskryf. Daar is 'n AWB-IRC-kanaal by irc.freenode.net — #AutoWikiBrowser.

Eksterne skakels

[wysig bron]