Gaan na inhoud

Visse (sterrebeeld)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Vir ’n artikel oor die sterreteken Visse, sien Visse (sterreteken).
Visse
Latynse naam Pisces
Genitief Piscium
Afkorting Psc
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 1h
Deklinasie 15º
Grootte 889 vk. grade (14de)
Kwadrant NQ1
Besonderhede
Hoofsterre 18
Helderste ster Eta Piscium (η Psc)
Naaste ster Van Maanen se Ster
Sterre helderder as 3 m 0
Sterre met planete 13
Messier-voorwerpe 1
Bayer-/Flamsteed-sterre 86
Meteoorreëns Pisciede
Aangrensende sterrebeelde
Driehoek, Andromeda, Vlieënde Perd, Waterdraer, Walvis, Ram
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Visse (Latyn: Pisces) is ’n sterrebeeld van die Diereriem. Die simbool daarvan is (Unicode ♓). Dit is tussen die Waterdraer in die weste en die Bul in die ooste geleë. Die sonnebaan en die hemelewenaar kruis mekaar in dié sterrebeeld en die Maagd.

Eienskappe en ruimtevoorwerpe

[wysig | wysig bron]

Die lentenagewening kom tans in die sterrebeeld voor, maar skuif vanweë die presessie van die Aarde se as geleidelik in die rigting van die Waterdraer.

Sterre

[wysig | wysig bron]

Van Maanen se Ster is in die Visse geleë. Dit het ’n magnitude van 12,36 en is 14,1 ligjare van die Aarde af. Dit is ’n wit dwergster en die derde naaste van dié soort sterre aan die Son.

Diepruimtevoorwerpe

[wysig | wysig bron]

Messier 74 is ’n tipe Sc-sterrestelsel in die Visse met ’n los struktuur, op ’n afstand van 30 miljoen ligjare (rooiverskuiwing 0,0022). Dit het baie jong sterreswerms en newels, en baie sterre is hier aan die vorm. Dit is in 1780 deur Pierre Méchain, ’n Franse sterrekundige, ontdek. ’n Tipe II-P-supernova is in Junie 2003 ontdek in die buitenste deel van M74; die ster wat die supernova veroorsaak het, is later geïdentifiseer as ’n rooi superreus met ’n massa van M.[1]

CL 0024+1654 is ’n massiewe sterrestelselswerm wat die lig van die sterrestelsel daaragter buig deur middel van ’n gravitasielens en so boogvormige beelde van die agterste stelsel skep. Die swerm bestaan hoofsaaklik uit geel elliptiese en spiraalsterrestelsels sowat 3,6 miljard ligjare van die Aarde af (rooiverskuiwing 0,4), terwyl die agterste sterrestelsel byna twee keer so ver weg is: sowat 5,7 miljard ligjare (rooiverskuiwing 1,67).[1]

Geskiedenis en mitologie

[wysig | wysig bron]

Die Visse word verbind met die Romeinse mite van Venus en Kupido, wat van die monster Tifon ontsnap het deur hulle in visse te verander en met tou aan mekaar vas te bind. Die knoop van die tou is Alpha Piscium, ook bekend as Al-Rischa ("die koord" in Arabies).[2]

In 1690 het die sterrekundige Johannes Hevelius die Visse in sy Firmamentum Sobiescianum in vier dele verdeel:[3]

  • Piscis Boreus (die Noordvis): σ - 68 – 65 – 67 - ψ1 - ψ2 - ψ3 - χ - φ - υ - 91 - τ - 82 – 78 Psc.
  • Linum Boreum (die Noordkoord):[3] χ - ρ,94 – VX(97) - η - π - ο - α Psc.
  • Linum Austrinum (die Suidkoord):[3] α - ξ - ν - μ - ζ - ε - δ - 41 – 35 - ω Psc.
  • Piscis Austrinus (die Suidvis):[3] ω - ι - θ - 7 - β - 5 - κ,9 - λ - TX(19) Psc.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 Wilkins, Jamie; Dunn, Robert (2006). 300 Astronomical Objects: A Visual Reference to the Universe (1st uitg.). Buffalo, New York: Firefly Books. ISBN 978-1-55407-175-3.
  2. Staal 1988, pp. 45–47.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 Hevelius, J., (1690) Firmamentum Sobiescianum, Leipzig, Fig.NN

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]