Sosialistiese Eenheidsparty van Duitsland
Sozialistische Einheitspartei Deutschlands | |
SED | |
Die amptelike SED-partykenteken
| |
Leier | President Wilhelm Pieck en eerste minister Otto Grotewohl (Mede-leier 22 April 1946 – 6 April 1954) vanaf 7 April 1954 tot Desember 1989 vakant Gregor Gysi (9 Desember 1989 – 17 Desember 1989) |
---|---|
Gestig | 21 April 1946 |
Ontbind | 16 Desember 1989 |
Samesmelting van | Kommunistiese Party van Duitsland en Sosiaal-Demokratiese Party van Duitsland |
Opgevolg deur | Party van Demokratiese Sosialisme |
Nuusbrief | Neues Deutschland |
Hoofkwartier | Berlyn, Duitse Demokratiese Republiek |
Jeugvleuel | Freie Deutsche Jungend (FDJ) |
Ideologie | Kommunisme, Stalinisme, Sosialisme, Marxisme–Leninisme |
Internasionale affiliasie | Cominform |
Amptelike kleure | Rooi |
Die Sosialistiese Eenheidsparty van Duitsland (Duits: Sozialistische Einheitspartei Deutschlands, kort SED) was 'n politieke party wat in 1946 in die Sowjet-besettingsone van Duitsland gestig is. Onder politieke druk het twee partye, die Kommunistiese Party van Duitsland (KPD) en die Sosiaal-Demokratiese Party van Duitsland (SPD), saamgesmelt en in die volgende jare onder invloed van die Sowjet-besettingsmag verder ontwikkel tot 'n kommunistiese party met 'n party-apparaat waarin polities hoogs geskoolde lede 'n sentrale rol gespeel het.
Aangesien feitlik alle staatsorgane deur SED-lede oorheers is, het die party vinnig tot 'n sogenaamde "staatsparty" ontwikkel sodat na die politieke stelsel van die latere Duitse Demokratiese Republiek (DDR), wat in 1949 geproklameer is, as "partydiktatuur" verwys word.
Met die politieke omwenteling in die DDR het die SED in 1989/1990 sy oorheersende rol as staatsparty kwytgeraak, 'n nuwe program van aksie saamgestel en sy naam gewysig tot Party van die Demokratiese Sosialisme (PDS). Ná die samesmelting met die WASG het in 2007 die nuwe party Die Linke ontstaan.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Stasi, die party se Ministerie vir Staatsveiligheid.