Pereslavl-Zalessky
Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie. Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg. |
Pereslavl-Zalesski (Russies: Переславль-Залесский), is 'n stad in Jaroslawl-oblast, Rusland. Oorspronklik (tot die 15de eeu) is die plek Pereyaslavl genoem. Die stad is geleë aan die oewer van die Pleshcheevo-meer by die monding van die Trubezh-rivier.
Storie
[wysig | wysig bron]Pereslavl-Zalesski is in 1152 deur Prins Joeri Dolgoroeki as die hoofstad van Zalesje gestig. Die stad is vernoem na die stad Pereslavl in die huidige Oekraïne. In 1175 het die stad die middelpunt van die Pereslavl-Zalesski-prinsdom geword en in 1302 is die gebied deur die Groot Prinsdom Moskou geannekseer. Pereslavl-Zalesski is tussen die middel van die 13de eeu en die vroeë 15de eeu verskeie kere deur die Goue Horde geplunder. Die stad is ook tydens die Poolse inval in 1611 verower en geplunder. Tydens die bewind van tsaar Pieter die Grote is die groot Russiese vloot op die Pleshcheevo-meer gebou.
Geografie
[wysig | wysig bron]Pereslavl-Zalesski is in die suide van Jaroslawl-oblast geleë, naby die grens met die Moskou-oblast, 140 km (87 myl) noordoos van Moskou en 123 km (76 myl) suidwes van Jaroslawl.
Besienswaardighede en argitektuur
[wysig | wysig bron]Die dorp is deel van die Goue Ring van Rusland. Monumente van kerkargitektuur sluit ses argitektuurkomplekse kloosters en nege kerke in. Opvallende historiese geboue is:
- Verlosser-katedraal (1152–1157)
- Kerk van Metropolitan Peter (1585)
- Troitse-Danilov-klooster (16de-18de eeue)
- Nikitsky-klooster (16de-19de eeue)
- Feodorovsky-klooster (16de-19de eeue)
- Goritsky-klooster (17de-18de eeue)
-
Sovetskayastraat
-
St. Nicholas-klooster is in die 14de eeu gebou
-
Verlosser-katedraal (1152–1157)
-
Lugvaartkundefees oor Nikitsky-klooster
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Pereslavl-Zalessky.
- Amptelike webwerf (in Russies)
- Klankgids tot Pereslavl-Zalessky tourismpereslavl.ru
- Gids tot Pereslavl
- Gids tot die Goue Ring van Rusland (in Russies)
- Gids tot Pereslavl-Zalessky (in Russies)