Paralimpiese Somerspele 2032
Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind. Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak. |
XIXe Paralimpiese Somerspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Paralimpiese Somerspele 2032 (Engels: 2032 Summer Paralympics) sal na verwagting tussen 24 Augustus en 5 September 2032 in Brisbane, Australië, aangebied word.[1] Dit sal die 19de aanbieding van die Paralimpiese Somerspele en die eerste keer wees dat Brisbane die spele gaan organiseer.
Die opening- en sluitingseremonies sal in The Gabba-krieketveld in Brisbane plaasvind. Soos gebruiklik sal die lande in alfabetiese volgorde die stadion instap met Griekeland eerste en die gasheer Australië laaste, maar aangesien die plaaslike taal Engels is, sal dié taal se alfabet gebruik word om die volgorde te bepaal.
Die Olimpiese Somerspele 2032 sal tussen 23 Julie en 8 Augustus 2032 in Brisbane gehou word.
Toewysing
[wysig | wysig bron]As deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Somerspele 2032 ook die gasheer vir die Paralimpiese Somerspele 2032.[2]
Brisbane is op 21 Julie 2021 in Tokio deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2032. Dié stad was reeds voor die amptelike toekenning gunsteling om die Spele aan te bied.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Paralimpiese Somerspele 2000 in Sydney
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Brisbane to host 2032 Olympics, Paralympics". National Post. Besoek op 23 Augustus 2021.
- ↑ (en) "Paralympics 2012: London to host 'first truly global Games'". BBC. 21 Mei 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2020. Besoek op 23 Augustus 2021.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Paralimpiese Somerspele 2032. |
- (en) Brisbane 2032[dooie skakel] Paralympic.org. Internasionale Paralimpiese Komitee.
- (en) Amptelike webwerf van die Spele