Isaac Schapera
Voorkoms
Isaac Schapera | |
Isaac Schapera, ca. 1950's
| |
Gebore | Garies, Kaapkolonie | 23 Junie 1905
---|---|
Oorlede | 26 Junie 2003 (op 98) Londen, Engeland |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Vakgebied | Sosiale antropoloog |
Instelling(s) | Londense skool vir Ekonomie |
Alma mater | Universiteit van Kaapstad Londense skool vir Ekonomie |
Beïnvloed deur | Bronislaw Malinowski, Alfred Radcliffe-Brown |
Invloed op | Eileen Krige, Hilda Kuper, Max Gluckman, John Comaroff, Jean Comaroff |
Prof. Isaac Schapera (1905 – 2003) was 'n Brits-Suid-Afrikaanse antropoloog. Hy is op 23 Junie 1905 in Garies gebore. Hy ontvang sy opleiding aan die Suid-Afrikaanse Kollege en die Universiteit van Kaapstad. In 1930 sluit hy aan by die Universiteit van die Witwatersrand. Vanaf 1935 tot 1950 was hy professor in Sosiale Antropologie aan die Universiteit van Kaapstad. Sy publikasies het hom wêreldroem besorg. In 1948 was hy die besoekende professor aan die Universiteit van Chicago en dit is in 1950 opgevolg deur 'n aanstelling as professor in Antropologie aan die London School of Economics. Hy is op 26 Junie 2003 in Londen oorlede.