Gaan na inhoud

Beechcraft T-6 Texan II

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Beechcraft T-6 Texan II
'n Amerikaanse Lugmag T-6A Texan II vlieg vanaf die Randolph Lugmagbasis.
Tipe Opleidingsvliegtuig
Vervaardiger Raytheon Aircraft Company
Beechcraft Defense Company
Nooiensvlug 15 Julie 1998
Bekendstelling 2001
Status In produksie
Hoofgebruikers Amerikaanse Lugmag
Koninklike Britse Lugmag
Koninklike Kanadese Lugmag
Griekse Lugmag
Vervaardig 2000 tot tans
Aantal gebou 850+
Eenheidskoste VS$4.272 miljoen[1]
Ontwikkel van Pilatus PC-9

Die Beechcraft T-6 Texan II is 'n enkelmotorige turboskroefaangedrewe vliegtuig wat gebou is deur Raytheon Aircraft Company (wat later Hawker Beechcraft en Beechcraft Defense Company geword het en in 2014 deur Textron Aviation oorgeneem is). Dit is 'n opleidingsvliegtuig gebaseer op die Pilatus PC-9, die T-6 het die Amerikaanse Lugmag se Cessna T-37 Tweet en die Amerikaanse Vloot se Beechcraft T-34 Mentor vervang.

Die T-6A word deur Amerikaanse Lugmag vir basiese vlieënier en gevegstelseloffisieropleiding, en deur die Amerikaanse Vloot en Amerikaanse Marinierskorps vir primêre en tussentydse Vlootvliegoffisieropleiding gebruik.

Dit word ook deur die Koninklike Kanadese Lugmag, Griekse Lugmag, Israeli Lugmag en Irakse Lugmag gebruik vir basiese vliegopleiding. Die T-6B is ook die primêre opleidingsvliegtuig vir Amerikaanse student-vlootvlieëniers. Die T-6C word ook deur die Meksikaanse Lugmag, Koninklike Britse Lugmag, Koninklike Marokkaanse Lugmag en die Koninklike Nieu-Seelandse Lugmag vir opleiding gebruik.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "T-6A Texan". U.S. Air Force (in Engels). United States Air Force. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 September 2015. Besoek op 29 September 2015.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]