19 September
Voorkoms
<< | September 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | |||||
Al die dae |
19 September is die 262ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (263ste in skrikkeljare). Daar volg nog 103 dae.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1616 – Pous Paulus V stel ses kardinale aan, waaronder Alessandro Ludovisi, aartsbiskop van Bologna (later Pous Gregorius XV).
- 1650 – Pous Innocentius X stel sy familielid, Camillo Astalli-Pamphilj, aan as kardinaal.
- 1737 – Daniël van den Henghel begin sy termyn as waarnemende goewerneur van die Kaapkolonie ná die dood van goewerneur Adriaan van Kervel.
- 1950 – J.G.N. Strauss word eenparig tot leier van die Verenigde Party verkies ná die dood van genl. Jan Smuts.
- 1983 – St. Kitts en Nevis word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1985 – 'n Aardbewing tref Meksikostad.
- 2002 – Rebelle neem beheer van die noorde van die Ivoorkus oor. In Abidjan word die voormalige president Guéi en 15 ander in sy huis vermoor.
- 2022 – Die staatsbegrafnis van koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk word in Westminster-abdy, Londen, gehou.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 86 – Titus Aurelius Fulvus Boionius Arrius Antoninus, die latere keiser Antoninus Pius († 161).
- 866 – Leo VI, keiser van Bisantium († 912).
- 1416 – Piero di Cosimo de' Medici, de facto heerser van Florence tydens die Italiaanse Renaissance († 1469).
- 1839 – George Cadbury, Kwaker wat die Cadbury's kakao- en sjokolademaatskappy in Brittanje gestig het († 1922).
- 1911 – William Golding, Britse skrywer († 1993).
- 1912 – Kurt Sanderling, Duitse dirigent († 2011).
- 1927 – Rosemary Harris, Engelse aktrise.
- 1928 – Adam West, Amerikaanse akteur († 2017).
- 1933 – Ingrid Jonker, Afrikaanse digteres († 1965).
- 1933 – David McCallum, Skotse akteur († 2023).
- 1941 – Cass Elliot, Amerikaanse sangeres († 1974).
- 1942 – Hossein Amanat, Irannees-Kanadese argitek.
- 1948 – Jeremy Irons, Engelse akteur.
- 1953 – Jessie Duarte, Suid-Afrikaanse ANC-politikus († 2022).
- 1964 – Trisha Yearwood, countrysangeres en aktrise.
- 1984 – Kevin Zegers, Amerikaanse akteur.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 1737 – Goewerneur Adriaan van Kervel, hy was slegs drie weke in sy amp (* 1681).
- 1881 – James Garfield, die twintigste President van die Verenigde State (* 1831).
- 1898 – Sir George Grey, goewerneur van die Kaapkolonie (* 1812).
- 1935 – Konstantin Tsiolkofski, Russiese natuurkundige (* 1857).
- 1966 – Albert van der Sandt Centlivres, Hoofregter van die Unie van Suid-Afrika (* 1887).
- 1972 – Robert Casadesus, Franse pianis (* 1899).
- 1975 – Pamela Brown, Engelse aktrise (* 1917).
- 2016 – Allister Sparks, Suid-Afrikaanse koerantman (* 1933).
- 2017 – Jake LaMotta, Amerikaanse professionele bokser (* 1922).
- 2021 – Stephen Critchlow, Engelse akteur (* 1966).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met 19 September. |