1925
Voorkoms
1925 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1920 | 1921 | 1922 | 1923 | 1924 | ◄ 1925 ► | 1926 | 1927 | 1928 | 1929 | 1930 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1925 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Satyen Bose | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1925 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 25ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 2 Februarie – Mediese voorrade om ’n uitbraak van witseerkeel te bekamp bereik Nome, Alaska op hondesleë wat die jaarlikse Iditarod-resies oor Alaska inspireer.
- 8 Mei – Afrikaans word 'n amptelike taal van die Unie van Suid-Afrika nadat die Suid-Afrikaanse Volksraad en Senaat 'n wysiging aanvaar wat Afrikaans as 'n vorm van Nederlands erken.
- 6 Junie – Die motorvervaardiger Chrysler word gestig.
- Heisenberg en Schrödinger formuleer kwantummeganika.
- Konstruksie begin aan die Mount Rushmore-monument.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- Datum onbekend – Greyling Wentzel, Suid-Afrikaanse politikus en minister van landbou († 2013).
- 12 Januarie – Katherine MacGregor, Amerikaanse aktrise († 2018).
- 14 Januarie – Yukio Mishima, Japannese skrywer, digter, nasionalis en stigter van die Tate no kai († 1970).
- 18 Januarie – Gilles Deleuze, Franse filosoof († 1995).
- 26 Januarie – Paul Newman, Amerikaanse akteur († 2008).
- 28 Januarie – Don McKay, Amerikaanse akteur († 2018).
- 30 Januarie – Douglas Engelbart, Amerikaanse uitvinder van die rekenaarmuis († 2013).
- 8 Februarie – Jack Lemmon, Amerikaanse akteur († 2001).
- 12 Februarie – Cecil Moss, Springbokrugbyspeler, afrigter en dokter († 2017).
- 17 Februarie – Hal Holbrook, Amerikaanse akteur († 2021).
- 16 Maart – Cornell Borchers, Duitse aktrise († 2014).
- 19 Maart – Brent Scowcroft,'n Amerikaanse lugmag luitenant-generaal en veiligheidsadviseur († 2020).
- 25 Maart – Flannery O'Connor, Amerikaanse outeur, († 1964).
- 3 April – L.A.P.A. Munnik, Suid-Afrikaanse geneesheer en politikus († 2016).
- 13 April – Michael Halliday, Australiese taalkundige († 2018).
- 14 April – Colin Eglin, leier van die Progressiewe Reformisteparty en Progressiewe Federale Party († 2013).
- 14 April – Rod Steiger, Amerikaanse akteur († 2002).
- 30 April – Dot Serfontein, Afrikaanse skrywer († 2016).
- 1 Mei – Scott Carpenter, Amerikaanse ruimtevaarder († 2013).
- 2 Mei – Roscoe Lee Browne, Amerikaanse akteur († 2007).
- 4 Mei – Peter Blum, Afrikaanse digter († 1990).
- 4 Mei – Ruth First, Suid-Afrikaanse skrywer en anti-apartheidsaktivis († 1982).
- 6 Mei – Andrew Mlangeni, ANC aktivis en een van die agt mans wat in die Rivonia-verhoor was († 2020).
- 19 Mei – Pol Pot, Kambodjaanse diktator († 1998).
- 5 Junie – Connie Mulder, Suid-Afrikaanse politikus († 1988).
- 9 Junie – Hermie Hendriks, joernalis, redakteur van Die Transvaler en hoofbestuurder vir koerante van Perskor († 2020).
- 19 Junie – Alfred Baphethuxolo Nzo, Suid-Afrikaanse politikus († 2000).
- 25 Junie – June Lockhart, Amerikaanse aktrise.
- 26 Junie – Pierre Boulez, Franse komponis, dirigent en skrywer († 2016).
- 27 Junie – Dawie Couzyn, opera- en ligte Afrikaanse musieksanger († 2010).
- 29 Junie – Giorgio Napolitano, Italiaanse joernalis en politikus († 2023).
- 2 Julie – Patrice Lumumba, eerste premier van die Demokratiese Republiek van die Kongo († 1961).
- 5 Julie – Jean Raspail, Franse skrywer († 2020).
- 10 Julie – Mahathir Mohamad, politikus en Eerste Minister van Maleisië.
- 23 Julie – Gloria DeHaven, Amerikaanse aktrise († 2018).
- 23 Julie – Quett Masire, Botswana-politikus en tweede president van Botswana (1980–1998) († 2017).
- 28 Julie – Saul B. Cohen, Amerikaanse geograaf en universiteitsprofessor († 2021).
- 2 Augustus – Piet Koornhof, Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister († 2007).
- 15 Augustus – Kas van den Bergh, Afrikaanse skrywer († 1997).
- 22 Augustus – Honor Blackman, Engelse aktrise († 2020).
- 4 September – Leo Apostel, Belgiese filosoof († 1995).
- 5 September – Jos Vandeloo, Vlaamse skrywer en digter († 2015).
- 14 September – Ruth Mompati, Suid-Afrikaanse politikus en ambassadeur († 2015).
- 16 September – B.B. King, Amerikaanse bluessanger († 2015).
- 17 September – David Poole, Suid-Afrikaanse balletdanser, choreograaf en balletonderwyser († 1991)
- 28 September – Cromwell Everson, Suid-Afrikaanse komponis († 1991).
- 29 September – Tjol Lategan, Springbokrugbyspeler († 2015).
- 3 Oktober – Gore Vidal, Amerikaanse skrywer en essayis († 2012).
- 13 Oktober – Margaret Thatcher, Britse politikus en staatsvrou, eerste minister van die Verenigde Koninkryk († 2013).
- 14 Oktober – Phillip Tobias, Suid-Afrikaanse paleontoloog († 2012).
- 16 Oktober:
- Karl J. Jooste, Suid-Afrikaanse argitek († 1971).
- Angela Lansbury, Britse-Amerikaanse Aktrise (s. 2022).
- 18 Oktober – Justus Tshungu, Suid-Afrikaanse omroeper († 2019).
- 24 Oktober – Jacques Loots, Suid-Afrikaanse akteur († 1991)
- 26 Oktober – Jan Wolkers, Nederlandse skrywer, beeldhouer en skilder († 2007).
- 10 November – Richard Burton, Britse akteur († 1984).
- 17 November – Rock Hudson, Amerikaanse akteur († 1985).
- 18 November – Yvonne Bryceland, Suid-Afrikaanse aktrise († 1992).
- 19 November – Zygmunt Bauman, Pools-Britse sosioloog en filosoof († 2017).
- 2 Desember – Julie Harris, Amerikaanse aktrise († 2013).
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 9 Januarie – Willem Conradie, NG-predikant en skrywer van die Afrikaanse Kinderbybel (* 1857).
- 30 Maart – Rudolf Steiner, Oostenrykse esoteriese denker, filosoof en opvoedkundige (* 1861).
- 14 April – John Singer Sargent, Amerikaanse skilder (* 1856).
- 13 Mei – Alfred Milner, goewerneur van die Kaapkolonie en lid van die Britse kabinet (* 1852).
- 21 Junie – J.H. Leopold, Nederlandse digter (* 1865).
- 26 Julie – Gottlob Frege, Duitse wiskundige wat 'n logikus en filosoof geword het (* 1848).
- 26 Augustus – Johann Rissik, landmeter en die eerste Administrateur van Transvaal (* 1857).