Gaan na inhoud

Maggie Smith

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Dame Maggie Smith
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Smith in Maart 2007 met die verfilming van Capturing Mary.

Geboortenaam Margaret Natalie Smith
Geboorte 28 Desember 1934
Ilford, Essex, Engeland, Groot-Brittanje[1]
Sterfte 27 September 2024
Londen, Groot-Brittanje
Nasionaliteit Brits
Beroep(e) Aktrise
Aktiewe jare 1952–2023
Toekennings CH, DBE
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Dame Margaret Natalie "Maggie" Smith, CH, DBE (28 Desember 1934 – 27 September 2024)[2] was ’n Britse aktrise. Sy het in 1952 haar verhoogdebuut gemaak en het oor meer as 60 jaar ’n uitgebreide loopbaan op die verhoog, in rolprente en op televisie gehad. Sy het in meer as 50 rolprente verskyn en is een van Brittanje se mees erkenbare aktrises.

Sy het in 1990 ’n Damekommandeur van die Britse Ryk (DBE) geword vir haar bydrae tot die uitvoerende kunste,[3] en in 2014 lid van die Orde van die Broeders van Eer (CH) vir haar bydrae tot drama.[4]

Vroeë lewe

[wysig | wysig bron]

Smith is in Romford in Essex gebore, maar het saam met haar ouers na Oxford verhuis toe sy vier jaar oud was. Sy is die dogter van Nathaniel Smith, ’n patoloog aan die Oxford-universiteit, en Margaret Hutton, ’n sekretaresse.[5][6][7][8]

As kind het haar ouers vir haar die romantiese verhaal vertel van hoe hulle op ’n trein van Glasgow na London via Newcastle ontmoet het. Sy het ouer tweelingbroers, Alistair en Ian, wat argitektuur bestudeer het. Op 16 het sy toneel aan die Oxford Playhouse bestudeer.[9]

Loopbaan

[wysig | wysig bron]

Smith het haar loopbaan in 1952 op die verhoog van die Oxford Playhouse begin in New Faces of '56. Sy het sedertdien talle pryse gewen vir haar werk op die Londense verhoë, onder meer ’n rekord van vyf Evening Standard-pryse. In New York-stad het sy Tony-benoemings gekry vir Private Lives (1975), Night and Day (1979) en Lettice and Lovage (1990). Vir laasgenoemde het sy die 1990-Tony vir beste aktrise in ’n toneelstuk gewen. Ander verhoogrolle was in onder meer Antony and Cleopatra (1976), Macbeth (1978), A Delicate Balance (1997) en The Breath of Life (2002).

Op die skerm het sy eerste lof gekry vir haar spel in die misdaadprent Nowhere to Go (1958), waarvoor sy haar eerste Bafta-benoeming gekry het.[10] Vir haar vertolking in 1965 van Desdemona in Shakespeare se Othello het sy haar eerste Oscar-[11] en ’n Golden Globe-benoeming gekry.

Smith het al twee Oscars gewen – vir beste aktrise in The Prime of Miss Jean Brodie (1969) en vir beste vroulike byspeler in California Suite (1978) saam met Michael Caine. Sy is een van net ses aktrise wat al die Oscar in albei dié kategorieë gewen het.[12] Sy is ook benoem vir Travels with My Aunt (1972), A Room with a View (1986) en Gosford Park (2001). Sy het ’n rekord van vier Baftas vir beste aktrise gewen: vir The Prime of Miss Jean Brodie, A Private Function (1984), A Room with a View en The Lonely Passion of Judith Hearne (1987). Haar vyfde Bafta vir ’n spesifieke rol was in 1999 vir beste vroulike byspeler in Tea with Mussolini.

Ander noemenswaardige rolprentrolle was in Love and Pain and the Whole Damn Thing (1973), Death on the Nile (1978), Clash of the Titans (1981), Evil Under the Sun (1982), Hook (1991), Sister Act (1992), The First Wives Club (1996), The Best Exotic Marigold Hotel (2012) en as professor Minerva McGonagall in die suksesvolle Harry Potter-reeks rolprente (2001–2011). Vir Downton Abbey het sy ’n Golden Globe, twee Screen Actors Guild-pryse en twee agtereenvolgende Emmys gewen. Voorheen het sy ’n Emmy gewen vir die 2003-televisieprent My House in Umbria. In 2015 het sy groot lof gekry vir haar vertolking van Mary Shepherd in The Lady in the Van.

Benwens al haar rolprentpryse het Smith ook al verskeie erepryse gekry, onder meer nog twee Baftas: die Spesiale Prys in 1993 en die Bafta Fellowship in 1996. Sy het ook die Society of London Theatre se spesiale prys in 2011 gekry. Sy is een van die min aktrise wat al drie van die volgende pryse gewen het: ’n Oscar, Emmy, Grammy en Tony.[13][14]

In September 2012 is die Stratford Shakespeare Festival se Legacy Award aan haar toegeken.[15]

Filmografie

[wysig | wysig bron]
Jaar Titel Rol Notas
1956 Child in the House Partytjiegas Geen erkenning
1958 Nowhere to Go Bridget Howard
1962 Go to Blazes Chantal
1963 The V.I.P.s Mej. Mead Ook bekend as Hotel International
1964 The Pumpkin Eater Philpot
1965 Othello Desdemona Oscar-benoeming vir beste vroulike byspeler
Young Cassidy Nora
1967 The Honey Pot Sarah Watkins
1968 Hot Millions Patty Terwilliger Smith
1969 The Prime of Miss Jean Brodie Jean Brodie Oscar vir beste aktrise
Oh! What a Lovely War Musieksaalster
1972 Travels with My Aunt Augusta Bertram Oscar-benoeming vir beste aktrise
1973 Love and Pain and the Whole Damn Thing Lila Fisher
1976 Murder by Death Dora Charleston
1978 Death on the Nile Mej. Bowers
California Suite Diana Barrie Oscar vir beste vroulike byspeler
1981 Quartet Lois Heidler
Clash of the Titans Thetis
1982 Evil Under the Sun Daphne Castle
The Missionary Lady Isabel Ames
1983 Better Late Than Never Mej. Anderson
1984 A Private Function Joyce Chilvers
Lily in Love Lily Wynn
1985 A Room with a View Charlotte Bartlett Oscar-benoeming vir beste vroulike byspeler
1987 The Lonely Passion of Judith Hearne Judith Hearne
1990 Romeo.Juliet Rosaline (stem)
1991 Hook Wendy Darling
1992 Sister Act Moederowerste
1993 Sister Act 2: Back in the Habit
The Secret Garden Mev. Medlock
1995 Richard III Hertogin van York
1996 The First Wives Club Gunilla Garson Goldberg
1997 Washington Square Lavinia Penniman
1999 Curtain Call Lily Marlowe Ook bekend as It All Came True
The Last September Lady Myra Naylor
Tea with Mussolini Lady Hester Random
2001 Gosford Park Constance Oscar-benoeming vir beste vroulike byspeler
Harry Potter and the Philosopher's Stone Professor Minerva McGonagall Ook bekend as Harry Potter and the Sorcerer's Stone
2002 Harry Potter and the Chamber of Secrets
Divine Secrets of the Ya-Ya Sisterhood Caro Eliza Bennett
2004 Harry Potter and the Prisoner of Azkaban Professor Minerva McGonagall
Ladies in Lavender Janet Widdington
2005 Keeping Mum Grace Hawkins
Harry Potter and the Goblet of Fire Professor Minerva McGonagall
2007 Harry Potter and the Order of the Phoenix
Becoming Jane Lady Gresham
2009 Harry Potter and the Half-Blood Prince Professor Minerva McGonagall
From Time to Time Linnet Oldknow
2010 Nanny McPhee and the Big Bang Mev. Agatha Docherty Ook bekend as Nanny McPhee Returns
2011 Gnomeo & Juliet Lady Bluebury (stem)
Harry Potter and the Deathly Hallows 2 Professor Minerva McGonagall
2012 The Best Exotic Marigold Hotel Muriel Donnelly
Quartet Jean Horton
2014 My Old Lady Mathilde Girard
2015 The Second Best Exotic Marigold Hotel Muriel Donnelly
The Lady in the Van Mej. Shepherd

Teater

[wysig | wysig bron]
  • 1952: Twelfth Night (Oxford Playhouse, OP)
  • 1952: He Who Gets Slapped (Clarendon Press, CP)
  • 1952: Cinderella (OP)
  • 1953: Rookery Nook (OP)
  • 1953: Housemaster (OP)
  • 1953: Cakes and Ale (revue, Edinburg-fees, EF)
  • 1953: The Love of Four Colonels (OP)
  • 1954: The Ortolan (Maxton Hall, MH)
  • 1954: Don't Listen Ladies (OP)
  • 1954: The Government Inspector (OP)
  • 1954: The Letter (OP)
  • 1954: A Man About The House (OP)
  • 1954: On the Mile (revue, EF)
  • 1954: Oxford Accents (Watergate-teater, Londen, WT)
  • 1954: Theatre 1900 (OP)
  • 1954: Listen to the Wind (OP)
  • 1955: The Magistrate (OP)
  • 1955: The School for Scandal (OP)
  • 1956: New Faces of '56 (revue, Ethel Barrymore-teater, EB)
  • 1957: Share My Lettuce (revue, Lyric-teater (Hammersmith))
  • 1958: The Stepmother (St. Martin's Theatre, St. Martin's)
  • 1959: The Double Dealer (The Old Vic|OV)
  • 1959: As You Like It (OV)
  • 1959: Richard II (OV)
  • 1959: The Merry Wives of Windsor (OV)
  • 1960: What Every Woman Knows (OV)
  • 1960: Rhinoceros (Novello-teater, Strand)
  • 1960: Strip the Willow (VK-toer)
  • 1961: The Rehearsal (Bristol Old Vic, BOV; Globe-teater, Globe's)
  • 1962: The Private Ear en The Public Eye (Globe's)
  • 1963: Mary, Mary (Queen's Theatre, Queen's)
  • 1963: The Recruiting Officer (Royal National Theatre. RN/OV)
  • 1964: Othello (RN/OV)
  • 1964: The Master Builder (RN/OV)
  • 1964: Hay Fever (RN/OV)
  • 1965: Much Ado About Nothing (RN/OV)
  • 1965: Trelawny of the 'Wells' (RN/OV)
  • 1966: Miss Julie (RN/OV)
  • 1966: Black Comedy (RN/OV)
  • 1966: A Bond Honoured (RN/OV)
  • 1969: The Country Wife (Chichester-feesteater, CF)
  • 1970: The Beaux' Stratagem (RV/OV/Ahmanson-teater, Ahmanson's)
  • 1970: Hedda Gabler (RV/Cambridge-teater, Cambridge)
  • 1971: Design for Living (Ahmanson's)
  • 1972: Private Lives (Queen's)
  • 1973: Peter Pan (London Coliseum, Coliseum)
  • 1974: Snap (Vaudeville-teater, Vaudeville's)
  • 1975: Private Lives (VSA-toer en 46th Street Theatre, 46th Street's)
  • 1976: The Way of the World (Stratford Shakespeare-fees, SSF)
  • 1976: Antony and Cleopatra (SSF)
  • 1976: Three Sisters (SSF)
  • 1976: The Guardsman (SSF/Ahmanson's)
  • 1977: A Midsummer Night's Dream (SSF/Ahmanson's)
  • 1977: Richard III (SSF)
  • 1977: As You Like It (SSF)
  • 1977: Hay Fever (SSF)
  • 1978: Macbeth (SSF)
  • 1978: Private Lives (SSF)
  • 1979: Night and Day (Phoenix-teater (Londen), Phoenix; Washington, D.C., D.C.; ANTA Playhouse, ANTA)
  • 1980: Much Ado About Nothing (SSF)
  • 1980:The Seagull (SSF)
  • 1980: Virginia (SSF/Haymarket-teater, Haymarket's)
  • 1984: The Way of the World (CF/Haymarket's)
  • 1985: The Interpreters (Queen's)
  • 1986: The Infernal Machine (Lyric)
  • 1987: Coming Into Land (RN/Lyttelton-teater, Lyttelton's)
  • 1987: Lettice and Lovage (Globe's)
  • 1990: Lettice and Lovage (EB)
  • 1993: The Importance of Being Earnest (Aldwych-teater, Aldwych)
  • 1994: Three Tall Women (Wyndham's-teater, Wyndham's)
  • 1996: Talking Heads (CF/Comedy)
  • 1997: A Delicate Balance (Haymarket's)
  • 1999: The Lady in the Van (Queen's)
  • 2002: The Breath of Life (Haymarket's)
  • 2004: Talking Heads (Australiese toer)
  • 2007: The Lady from Dubuque (Haymarket's)

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Person Details for Margaret N Smith, "England and Wales Birth Registration Index, 1837-2008" — FamilySearch.org". familysearch.org (in Duits). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Augustus 2016.
  2. "Orders and decorations conferred by the crown". Debrett's. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2016. Besoek op 4 Januarie 2015.
  3. "Queen Honors Naipaul, Maggie Smith" (in Engels). 30 Desember 1989. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Augustus 2016. Besoek op 1 Januarie 2014.
  4. Davies, Emily (13 Junie 2014). "Queen makes Dame Maggie a Companion of Honour". Daily Mail (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Maart 2016. Besoek op 15 Junie 2014.
  5. Mackenzie, Suzie (20 November 2004). "You have to laugh". The Guardian (in Engels). UK. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Desember 2004. Besoek op 10 Desember 2007.
  6. "Maggie Smith profile at" (in Engels). Filmreference.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2020. Besoek op 8 November 2011.
  7. Maggie Smith profile, Yahoo Movies; URL besoek op 21 April 2014.
  8. Maggie Smith biography Geargiveer 9 Desember 2012 op Wayback Machine, tiscali.co.uk; URL besoek op 21 April 2014.
  9. "Maggie Smith biography and filmography" (in Engels). Tribute.ca. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 November 2019. Besoek op 7 Augustus 2013.
  10. "Film in 1959" (in Engels). awards.bafta.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Mei 2020. Besoek op 1 Januarie 2014.
  11. British, The (23 Februarie 2013). "Celebrating: Award-Winner Maggie Smith" (in Engels). The British TV Place. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 7 Augustus 2013.
  12. "Academy Awards Best Actress" (in Engels). Filmsite.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 7 Augustus 2013.
  13. "What do Al Pacino and Maggie Smith have in common?". Goldderby.latimes.com. 9 Julie 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 September 2013. Besoek op 7 Augustus 2013.
  14. Alison Croggon (10 Junie 2009). "Jewel in the triple crown" (in Engels). News.com.au. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Augustus 2015. Besoek op 1 Januarie 2014.
  15. "Maggie Smith receives Stratford festival's Legacy Award" (10 September 2012) Toronto Star; URL besoek op 26 April 2014.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]