Antsiferof-eiland
Antsiferof-eiland / Sjirinki | |
---|---|
Eiland van die Koerile | |
Antsiferof-eiland.
| |
Ligging | See van Ochotsk |
Plaaslike naam | Остров Анциферова / Ширинки 志林規島 |
Argipel | Koerile |
Oppervlakte | 6 km2 |
Breedte | 4,25 km |
Hoogste punt | Renge-dake |
Hoogte | 761 m |
Land | Rusland |
Deelgebied | Sachalin-oblast |
Bevolking | 0 |
Antsiferof-eiland (Russies: Остров Анциферова, Ostrof Antsiferowa), ook bekend as Sjirinki (Russies: Ширинки; Japannees: 志林規島, Shirinki-tō) is 'n onbewoonde vulkaniese eiland van die Koerile-argipel in die See van Ochotsk, noordwestelike Stille Oseaan. Hy val in die Sachalin-oblast van Rusland.
Beskrywing
[wysig | wysig bron]Die eiland se vorige naam, "Sjirinki", kom van die inheemse taal Ainoe en beteken "plek van hoë golwe". Sy huidige naam kom van die Kosak-ontdekkingsreisiger Danila Antsiferof, wat dit en ander noordelike Koerile-eilande in die 18de eeu die eerste keer beskryf het. Die naaste buureiland is Paramoesjir, sowat 15 km van daar oorkant die Straat van Loezjin.
Die eiland het 'n rofweg ronde vorm met 'n oppervlakte van 6 km2[1] Dit is 'n stratovulkaan met 'n deursnee van 4,25 km. Sy sentrale piek, Renge-dake (Japannees: 蓮華岳), is 761 m hoog en bestaan uit 'n kaldera van 0,75 km breed. 'n Groot deel van die eiland is bedek met pluimsteen, oorblyfsels van uitbarstings.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "International Kuril Island Project(IKIP)". University of Washington Fish Collection or the respective authors. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Julie 2013. Besoek op 27 November 2009.
Skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Antsiferof-eiland.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.