Miombo-rooibandsuikerbekkie
(Aangestuur vanaf Cinnyris manoensis)
Die miombo-rooibandsuikerbekkie is 'n algemene standvoël in miombo-boomveld van Suidelike-Afrika. In Engels staan dit bekend as die miombo double-collared sunbird of eastern miombo sunbird.
Miombo-rooibandsuikerbekkie | |
---|---|
Mannetjie naby Mazowe in Zimbabwe | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Aves |
Orde: | Passeriformes |
Familie: | Nectariniidae |
Genus: | Cinnyris |
Spesie: | C. manoensis
|
Binomiale naam | |
Cinnyris manoensis Reichenow, 1907
|
Identifikasie
wysig13 cm. Helder glansgroen kop en bo-rug, met 'n blou streep onder groen borsgedeelte, gevolg deur 'n dun helder glansrooi borsband. Die res van die onderkant is bruin-grys, en die vlerke is bruin. Hierdie spesie kan maklik met die kleinrooibandsuikerbekkie verwar word, maar die gebiede waar hulle voorkom oorvleuel nie. Die vroulike suikerbekkie het 'n grys-bruin bokant en grys-geel onderkant.
Habitat
wysigMiombo-boomveld tot aan die rande van woude.
Verspreiding
wysigAanwesig in boomveld in die oorgrootte deel van Zimbabwe.
Geluid
wysig'n Skerp tjie-tjie-geluid.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ BirdLife International (2016). "Cinnyris manoensis". IUCN Red List of Threatened Species. 2016: e.T103797506A94556226. doi:10.2305/IUCN.UK.2016-3.RLTS.T103797506A94556226.en. Besoek op 13 November 2021.